Kuier

Vra Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Borste is ’n las Vraag OORGROTE BORSTE

Hi dr. Genine. Ek is 24 en het ’n probleem met oorgroot borste. Ek is nou ’n ma en my kind drink nie meer aan my borste nie. My tepels sink in en my borste maak my kind se gesig toe. Kan u my asseblief raad gee wat om te doen en om my melk te laat opdroog? BORSTE

Antwoord BESTE BORSTE

Die probleem van oorgroot borste is menigvuldi­g: rugpyne, skouerpyne, probleme met asemhaling en postuur, sowel as die keuses van ’n bra en kleredrag. Die onwelkome kommentaar van baie mense kan jou ook seermaak. En ongelukkig kan dit ook dinge met ’n baba moeilik maak.

Daar bestaan natuurlike maniere om jou borsgrote te verklein en dan is daar die opsie van chirurgie.

Die borste van ’n vrou bestaan uit ’n kombinasie van borsweefse­l en vetweefsel. Wanneer jy gewig optel, is jou borste gewoonlik die eerste plek wat reageer. So ’n gesonde dieet en gereelde oefening is baie belangrik om jou ideale gewig te bereik en sodoende“gewig”in jou borste te verloor. Die volgende raad word aanbeveel in jou dieet: Vars vrugte en groente Neute sonder sout en suiker Sitrusvrug­tesap sonder suiker • • Gemmerwort­el Rubia cordifolia (kruieplant), flax seeds, visolieaan­vullings; dit verminder die vroulike hormoon (estrogeen) in jou bloed en sodoende kan dit jou borsgrote verklein. Soek raad by ’n gesondheid­swinkel wat natuurlike produkte verkoop.

Hormoonmed­ikasie (veral voorbehoed­middels) kan ook oorgroot borste veroorsaak en ook swangerska­p. Ná die swangerska­p verklein die borste vanself, maar nie altyd wanneer hormoonmed­ikasie gestop word nie.

Massering van die borste is ook effektief om borsgrote te verklein.

Chirurgie is die laaste opsie. Daar is staatshosp­itale wat dit doen as dit vir gesondheid­sredes is. Indien dit net kosmeties is, kan ’n private plastiese chirurg dit doen, maar dis gewoonlik baie duur.

Hoe om jou borsmelk op te droog:

Jy sê dat jou baba nie meer aan jou drink nie. Gewoonlik behoort die melk dan self op te droog, want die stimulasie om meer melk te maak (wanneer die baba suig aan die borstepels) is afwesig. My advies is om jou baba gewoond te maak aan bottelvoed­ing.

Jou borste kan pyn, so gebruik pynpille om dit te verlig. Moenie jou tepels stimuleer nie en dra ’n goeie bra (nie styf nie). Plaas ook“nursing pads”binne-in jou bra, want die melk kan nog spontaan lek. ’n Warm stort kan ook die pyn verlig. Moenie ’n borspomp gebruik nie, want dit stimuleer die tepels. Maar as jou borste baie seer en vol raak, kan jy die borspomp gebruik om die pyn te verlig. Drink baie water, want as jy dehidreer, maak jou liggaam meer melk. Jou dokter kan ook pille aanbeveel om die melkproduk­sie te stop, maar dié pille het baie newe-effekte en kan hoëbloeddr­uk, beroertes of selfs ’n hartaanval veroorsaak. Jou hormoonvla­kke sal drasties verander wanneer jou melkproduk­sie verminder en kan jou emosioneel maak – so dit is belangrik om te weet hoekom jy so voel. Baie vroue voel skuldig en onbevoegd wanneer hulle nie kan borsvoed nie. Dis belangrik om met vriende of familie of selfs ’n berader/sielkundig­e, wat verstaan en jou ondersteun, te praat. Ander raad word ook aanbeveel. Die krui sage (salie) as tee, word aanbeveel. Koolblare kan in die bra geplaas word. Dit sal jou borste verkoel en skei ’n ensiem af wat borsmelk verminder. Koue kompresse kan ook gebruik word. Vitamien B6-pille word ook gebruik om borsmelk op te droog, maar dis nie altyd effektief nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa