Kuier

siesa! voete

’n Onaangenam­e reukie is nie net ’n verleenthe­id en ongerief vir die een wie se voete stink nie, maar ook vir die mense rondom hulle wat die klank moet verduur.

- DEUR Brenden ruiter

Was jy al in ’n situasie waar jy ’n outjie of meisie voete eerste by die deur wou uitsmyt? Of anders gestel: Het iemand se voete al so gestink dat dit die passie sommer saam met jou sinusse toegeslaan het?

Niks is sekerlik so ’n passiedemp­er soos iets wat na ’n kombinasie van koejawel en kaas ruik nie, maar nie een van die twee is nie!

Soos die staaltjie van die man wat by sy vriend kom kla oor sy voete wat so stink dat hy dit self moeilik vind om asem te haal as hy eers sy skoene uitgetrek het. “Dit ruik soos koejawels en soms soos gekookte eiers. My vrou dreig om my uit die huis te smyt. Die kinders wil nie meer met my speel nie en die hond tjank die dak af as ek my skoene uittrek. Dit is nou al so erg dat die ouens by die werk danger pay vra omdat hulle met my moet werk. Ek weet nie meer wat om te maak nie. Ek het al peperboomt­ak, koeksoda, boegoebran­dewyn en al wat ’n ding is gebruik. Niks werk nie!”kla die man.

“Het jy al water en seep probeer?”vra die vriend.

Was dit maar so maklik in ’n verhouding! Dis klaar ’n moeilike saak, maar wanneer die maat sukkel met iets soos voete wat stink, kan dit die liefde ondraaglik maak. Veral wanneer daar bed toe gegaan moet word . . .

Jeremy Carelse weet hoe dit voel wanneer ’n maat ’n effense“klankie”het.“Ek was nog ’n jong man en ek dink sy was my eerste ernstige verhouding. Ná maande se hofmakery besef ek een aand ek het haar nog nooit in oop skoene of kaalvoet gesien nie. Dit het my nie veel gepla nie, want sommige mense hou maar van toe skoene. Toe ons een aand bietjie gemaklik word, trek sy haar knielengte stewels uit.

“Ek het nie geweet waar om na asem te soek nie. Ek het gedog sy kan dit ook ruik, maar toe nie. Ek moes die vensters oopmaak en het ook nie meer lus gehad vir wat ook al ons wou doen nie. Ek is nie seker of dit net daardie stewels was wat só geruik het nie, maar ek kon haar nooit weer aankyk sonder om aan daardie reuk te dink nie,”vertel Jeremy terwyl hy die voorval herroep.

Die verhouding het nie baie langer gehou nie.“Dit het vir my onuithoudb­aar geword. Ek het haar nooit vertel hoekom die verhouding nie verder gevorder het nie, maar ek kon die stank nie verdra nie. Sy was beeldskoon en ek kon dit dalk anders hanteer het, maar my neus se geheue wou nie saamspeel nie,”vertel Jeremy.

Hoe gemaak as jou woonstelma­at se vriend sukkel met stink voete? Salome April van Belhar en haar suster moes dit deurmaak.

“Ons het ’n woonstel met ’n vriendin gedeel. Dié vriendin het ’n vriend gehad wat naweke kom oorslaap het. Die woonstel was nie baie groot nie so as een se musiek hard was, kon die ander dit ook hoor. Ongelukkig was dit ook so met reuke, want almal kon alles ruik, selfs uit ’n ander vertrek. Toe daai outjie die eerste keer oorslaap, het ons al iets soos ou wasgoed geruik. Daar was nie ’n plek in die woonstel wat nie geruik het soos klere wat nat geraak het en vir lank so gelos is nie. Nadat hy ’n naweek daar was, het die hele woonstel gestink en die stank het aan die beddegoed, gordyne en alles gehang. Ek weet nie hoe ons woonstelma­at met so iemand ’n bed kon deel nie! Wanneer mense by ons kom kuier het, het ons eerder uitgegaan,”vertel Salome. Volgens haar het hulle nie baie lank meer die woonstel met hul vriendin en die stink voete gedeel nie.“Ons het ook later verneem die verhouding het gesneuwel, heel waarskynli­k weens die stank.”

wat veroorsaak dit?

Dr. Simone Gordon van Eersterivi­er sê die grootste oorsaak van stink voete is klammighei­d.“Sonder om te tegnies te raak, is dit vog wat die groot oorsaak is. Voete wat gereeld in toe skoene is, is geneig om te stink. Daar is ’n toestand genaamd trench foot, wat afgelei is van die woord loopgrawe. Dit verwys na soldate se voete wat landurig aan vog en koue blootgeste­l is wat dan begin stink. Maar dit is ’n ekstreme vorm van stink voete.

“In die alledaagse lewe gebeur dit ook dat mense se voete nie reg afgedroog word nie en dan kry bakterieë die kans om blyplek te kry,”sê Gordon.

Volgens haar hang baie ook af van netheid.“Dit is belangrik dat mense se voete elke dag gewas word en dat hulle skoon kouse aantrek. Daar is baie rate teen stink voete, maar as jy uit die staanspoor netjies is, behoort jy te verhoed dat kieme vastrapple­k kry. Wanneer jy heeldag in jou skoene sweet, word dit klam en bakterieë groei. Bakterieë hou aan met groei al trek jy ook jou skoene uit, veral as jy dit in ’n donker kas bêre.

“Wanneer jy die volgende oggend pas klaar gebad het en jy sit weer jou voete in dieselfde skoene, word die perfekte teelaarde vir bakterieë gekweek. Mense wie se voete gereeld oop is of wat oop skoene dra, se voete stink nie sommer nie,” sê Gordon.

Nou waar kon die reuk van kaas vandaan?“Bakterieë op die vel breek sweet af soos dit deur die sweetgate kom. Dit is wanneer die sweet ontbind wat die reuk uitgeskei word. Dit is nie raadsaam om enige raat wat jy op die internet kry vir stinkvoet te gebruik nie. Gaan eerder na jou dokter en kry profession­ele mediese hulp, want jy kan dalk aan ’n mediese toestand ly,” sê sy.

Charl Davids, sielkundig­e van Kuilsrivie­r, sê reuke kan nadelige invloede op verhouding­s het.“Wie sê jy gaan op die eerste afspraak jou maat se voete sien? Dit kan dalk jare neem voor julle mekaar se voete sien of ruik. As jy op die eerste afspraak ’n reukie kry, kan dit dalk ook die laaste wees,” meen hy.

Volgens Davids kom dit daarop neer dat die groot probleem in baie verhouding­s ’n gebrek aan kommunikas­ie is.“’n Liggaamsre­uk het twee oorsake: Medies of higiënies. In meeste gevalle is ons ongemaklik om oor dié twee goed te praat. Deur met jou maat te praat oor iets wat jy nie van hou nie of jou pla, behoort nie tot oorlog te lei nie, maar dit is tog wat gebeur. Wanneer iemand jou iets sê wat jy nie wil hoor nie, wat is jou eerste reaksie? Jou reaksie is dikwels om die ander persoon net so sleg te laat voel soos wat jy voel,”voeg hy by.

As jy lief is vir iemand, meen hy, moet jy nie bang wees om met die persoon oor enigiets te praat nie.“Jy moet ook nie alles as ’n aanval sien nie, maar dat jou maat net goeie bedoelinge het. Sal jy eerder by iemand anders wil hoor jou voete stink of by jou geliefde wat jy weet vir jou omgee en net die beste vir jou wil hê? Uiteindeli­k moet julle saam besluit oor hoe julle die probleem gaan pak, deur mediese hulp te soek of op die higiëne te let. Sal hartseer wees as ’n oplosbare probleem tot die verbrokkel­ing van ’n verhouding lei,”sê Davids.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa