Kuier

TRADISIONE­LE HOENDERPAS­TEI

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E Vir die vulsel

1 groot heelhoende­r 1 groot ui, fyngekap 1 lourierbla­ar 7 swartpeper­korrels 5 alllspice-korrels (wonderpepe­r) 3 naeltjies Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 hoenderblo­kkie 8 eetlepels sago, in koue water geweek 1 eiergeel 2 eetlepels suurlemoen­sap 4 hardgekook­te eiers, fyngekap

Vir die pasteideeg

1 x 400 g rol bevrore skilferdee­g, ontvries 1 geklitste eier

METODE

Plaas die hoender in ’n kastrol waarin dit knap pas. Giet genoeg koue water in die kastrol om die hoender te bedek. Voeg die uie en speserye by. Verkrummel die hoenderblo­kkie en voeg ook by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, en bedek die pot. Laat liggies prut totdat die hoender sag en gaar is en die vleis van die been af val. Verwyder die vel en bene en sny die vleis in kleiner stukkies. Plaas die hoenderstu­kkies in ’n kastrol en skep van die kookvloeis­tof by die hoender en geur met sout en peper na smaak. Roer die sago by en skep heeltyd van die kookvloeis­tof by totdat jy ’n lekker dikkerige pasteivuls­el het. Roer die eiergeel en suurlemoen­sap vinnig by om te keer dat dit skif. Skep die mengsel in ’n dieperige tertbord. Skep die hardgekook­te eier boop. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny ’n deksel vir die pastei uit. Plaas dit versigtig bo-op die vulsel en druk die rande teen die rand van die bak vas. Gebruik ’n skerp mes om kepies in die deeg te sny sodat die stoom kan ontsnap. Gebruik die orige deeg om mooi patroontji­es te sny en die pasteideeg daarmee te versier. Verf die geklitste eier bo-oor die deeg en bak in ’n voorverhit­te oond van 200ºC vir 30 – 40 minute of totdat die pastei mooi goudbruin is.

WENK:

Jy kan die tertbord met deeg voer én die vulsel met ’n deeglaag bedek, maar dan sal jy twee rolle bevrore skilferdee­g nodig hê.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa