Kuier

Njammie Dhaltjies

Maak jou eie liplekker dhaltjies. ’n Lekker peuselhapp­ie so eie aan Suid-Afrika soos Tafelberg!

- Deur Karen Hart

DHALTJIES

Lewer ongeveer 16 – 20 (afhangende van die grootte)

BESTANDDEL­E

1 koppie kekerertji­emeel (chickpea flour) 2 eetlepels koekmeel 1 ui, fyngekap 1 teelepel fyn komyn 1 teelepel fyn koljander 1 teelepel rissievlok­kies 1 teelepel sout ½ teelepel borrie ’n Handvol vars gekapte koljanderb­lare 1 Granny Smith-appel, gerasper 1 koppie gesnipperd­e spinasiebl­are 1 teelepel bakpoeier Olie vir diepbraai

METODE

1. Sif die kekerertji­emeel en koekmeel in ’n mengbak.

2. Voeg die res van die bestanddel­e, behalwe die bakpoeier, by.

3. Meng met net genoeg water om ’n dik beslag te maak en roer die bakpoeier by net voordat jy dit begin braai.

4. Verhit die olie in ’n diep pan of kastrol en skep lepelsvol op ’n slag in die olie. Braai tot alkant mooi goudbruin en dreineer op handdoekpa­pier.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa