Kuier

Vier ons erfenis met smullekker plaaslike kos

Ons spog met ’n ryk koskultuur waarop ons trots kan wees. Hierdie ou gunsteling­e het die toets van tyd deurstaan en dit gaan sommer nog vir generasies met liefde voorgesit word.

- Deur Karen Hart

22

MAFREW Genoeg vir 6

Hierdie vleisgereg kom uit die ryke erfenis van ons Maleise kookkuns en word van ’n duurder snit vleis gemaak. Dit word gewoonlik by feestelike geleenthed­e voorgesit.

BESTANDDEL­E Vir die vleis

5 eetlepels olie 3 groot uie, fyngekap 3 groot tamaties, geskil en gekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 x 3 cm knoets vars gemmer, fyngekap of gerasper 3 stukkies cassia 7 kardamompe­ule 1 eetlepel masala 1 eetlepel fyn koljander 1 eetlepel fyn komyn 1 eetlepel fyn vinkel (fennel) 1,5 kg steak, in blokkies gesny 5 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Vir die rys

2 eetlepels olie 2 eetlepels botter 1 ui, fyngekap 1 van elk groen, rooi en geel soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en fyngekap 3 koppies rou rys 6 koppies kookwater 2 teelepels sout ¼ teelepel borrie 20 koppies gemengde bevrore groente

Vir garnering (opsioneel)

4 hardgekook­te eiers, afgedop en in skyfies gesny Vars, gekapte pietersiel­ie

METODE

Maak eers die vleismengs­el: Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die tamaties, knoffel en gemmer by en braai vir nog ’n minuut of twee. Voeg die speserye by en laat vir 7 minute prut voordat jy die steakblokk­ies byvoeg. Verlaag die hitte en smoorbraai totdat die vleis lekker sag is. Voeg die aartappels by en geur met sout en peper na smaak. Laat liggies prut totdat die aartappels gaar is.

Maak die rys: Verhit die olie en botter saam in ’n kastrol en braai die uie en soetrissie daarin totdat die uie sag en deurskynen­d is en die soetrissie begin sag word. Roer die rys by en geur met sout en borrie. Voeg die water by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat liggies prut totdat die meeste van die water geabsorbee­r is. Roer die groente by en maak deurwarm. Bedien die vleismengs­el op die rys en garneer met skyfies hardgekook­te eier en vars pietersiel­ie, indien jy dit verkies.

WENK: Jy kan 1 x 410 g blik geskilde, gekapte tamaties in die plek van die vars tamaties gebruik.

VISBOBOTIE Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

3 snye witbrood, korsies verwyder 1½ koppie melk 3 eetlepels botter 1 groot ui, fyngekap 2½ koppies gaar, gevlokte witvis, vel en grate verwyder (stokvis werk goed) Sap van 1 suurlemoen 1 eetlepel matige kerriepoei­er 2 eetlepels sultanas 2 eetlepels amandelvlo­kkies Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 eiers 3 suurlemoen- of lourierbla­re (bay leaves)

METODE

Week die brood in die melk. Verhit die botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Plaas die gebraaide ui saam met die vis in ’n groot mengbak. Voeg die suurlemoen­sap, kerriepoei­er, sultanas en amandels by en geur met sout en peper. Druk die melk uit die brood – hou die melk eenkant. Voeg die brood by die mengsel in die mengbak en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondvaste bak. Maak die oppervlak mooi gelyk en druk die suurlemoen- of lourierbla­re daarin. Klits die eiers met die melk wat jy uit die brood gedruk het en giet booor. Bak 35 – 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 190ºC.

WENK: Jy kan pitlose rosyne of gesnipperd­e droë appelkose in die plek van sultanas gebruik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa