Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Baie dankie aan almal wat vir die span gelukwensi­nge gestuur het met ons verjaardag. Dit is altyd lekker om van ons lesers te hoor, veral as julle vertel watter verskil die tydskrif die afgelope agt jaar in jul lewens gemaak het. Dís regtig spesiaal, maar dis ook net so lekker as ons van iemand hoor wat pas die tydskrif ontdek het, veral as hulle verbaas by ons wil weet hoe hulle dit dan al die jare gemis het!

Ek kan ongelukkig nie daai vraag beantwoord nie, maar wat ek wel weet, is dat ons nooit so ver sou gekom het sonder die mense wat in elke uitgawe hul harte en huise vir ons oopmaak om hul stories te vertel nie. Ek dink nou veral aan mense soos Nico de Preez (Ware Lewensdram­a op bladsy 12). Ek weet darem nie of ek soveel moed sou gehad het om my storie en my seer met die wêreld te deel nie. Dis regtig bewonderen­swaardig dat hy bereid is om letterlik homself te ontbloot om vir ander te wys hulle is nie alleen nie. Antie Mary (bladsy 16) is van dieselfde kaliber. Dis ongeloofli­k dat ’n vrou soveel kon deurmaak en steeds heel anderkant kon uitkom!

Hierdie is ook ons Erfenisuit­gawe en die klem val op taal. Van ons Voorbladst­orie waar akteurs deurloop oor hoe hulle die taal praat tot by ’n vegter vir Nama wat haar deur niks laat keer nie. Julle moet ook nie ons Erfeniskos misloop nie! Tot volgende keer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa