Kuier

SMS

-

Darryn August en Charilene Scheepers ( Hy is sy eie held en Lewendig aan die brand gesteek, 6 September) se stories het vir my uitgestaan. Hul stories is so uiteenlope­nd, maar hul wil om te oorleef en nie slagoffers te bly nie, is aangrypend en inspireren­d. SABIENA JONATHAN, KUILSRIVIE­R

Charilene, ek is nou waar jy was. Dankie dat jy my oë laat oopgaan het – dat liefde nie saam met ’n vuishou kom nie. ANONIEM, KRAAIFONTE­IN

Darryn August is ’n inspirasie en held vir ons almal! Ons almal glo jy sal weer eendag loop. God seën jou. ANNEEDA PEKEUR, MONTAGU

Baie dankie vir die artikel oor Amy en haar sussies ( Drie maal so mooi, 6 September). Hulle is pragtig. Ek het so ’n groot bewonderin­g vir haar en hoop om eendag vir haar te kan ontmoet. Dankie vir die puik tydskrif. MARIA BRAND, PAROW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa