Kuier

KUIER-MENSE BLINK UIT!

-

Twee lede van die Kuier- span, Ernusta Maralack en Tarren-Lee Habelgaarn, het onlangs die tydskrif se naam hoog gehou. Ernusta, Kuier se artikel-redakteur, het op 31 Augustus ’n Diageo SA Responsibl­e Drinking Media Award (RDMAs) in die kategorie Best Magazine gewen. Die RDMAs gee erkenning aan joernalist­e en die media in die geheel vir hul pogings om opvattings en gewoontes ten opsigte van onverantwo­ordelike drankgebru­ik ten goede te beïnvloed. Ernusta se wenstorie het in Kuier se 12 Julie 2017-uitgawe verskyn. Dit het gehandel oor die voormalige dosent Basil Kivedo van Kuilsrivie­r in die Kaap. Hy was hopeloos aan drank verslaaf terwyl hy ’n tesis vir sy meestersgr­aad oor alkoholist­e geskryf het, maar hy kon homself nie help nie. Media24 het in totaal vier RDMA-pryse gewen en Ernusta het ook die maatskappy se toekenning vir Mediahuis van die Jaar in ontvangs geneem. “Ek is al vir 12 jaar ’n joernalis en die RDMA was my heel eerste toekenning! Ek het nie vir ’n oomblik gedink ek sou wen nie omdat die beoordelaa­rs meer as 350 inskrywing­s moes beoordeel. Maar dis baie spesiaal omdat oom Basil se storie en sy menswees my so diep geraak het. Ek bewonder altyd Kuier- mense se dapperheid om hul siele te ontbloot met die hoop dat dit talle ander daarbuite kan help of hoop gee. Hierdie toekenning dra ek op aan oom Basil en elke liewe Kuier- mens wat al ooit hul storie vir ons vertel het,”sê Ernusta.

Tarren-Lee, wat in Desember verlede jaar by Kuier begin het, het ook gewys waarvan sý gemaak is toe sy ’n finalis was in Media24 Leefstyl se Pryse vir Uitnemendh­eid 2017.“Ek het baie trots gevoel en dis vir my ’n eer om in my eerste jaar by Kuier vir ’n toekenning benoem te word,”sê Tarren op haar beurt. Die Kuier- span is trots op dié twee!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL LINKS: Ernusta Maralack met haar toekenning en trofee. BO: Sibani Mngadi, Diageo SA se direkteur van korporatie­wesake, het die oorhandig. LINKS: Kuier- joernalis Tarren-Lee was weer ’n finalis vir Media24 se Leefstylpr­yse vir Uitnemendh­eid.
HEEL LINKS: Ernusta Maralack met haar toekenning en trofee. BO: Sibani Mngadi, Diageo SA se direkteur van korporatie­wesake, het die oorhandig. LINKS: Kuier- joernalis Tarren-Lee was weer ’n finalis vir Media24 se Leefstylpr­yse vir Uitnemendh­eid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa