Kuier

Antwoorde gegee

-

Halveer lemmetjies of suurlemoen­e en plaas op verskillen­de plekke in die yskas of was/smeer yskas met ’n pasta van sterk gegeurde koffie (ons gebruik moerkoffie) uit. Laat staan en spons af. Doen dieselfde met vanilla essence. CHRISNA FOURIE, KAAPSTAD As jy gedurig moeg voel, drink baie water en eet gereeld, maar ’n bietjie op ’n slag. Oefen gereeld, dan sal jy sommer ook beter slaap. MANUELA BEUKES, KRAAIFONTE­IN Moenie jou geld mors op duur produkte nie. Was die binnekant van jou kar met gelyke dele asyn en water. GRIETA KLEINHANS, MITCHELLS PLAIN As jy kookolie op jou klere gemors het, druk daarop met handdoekro­l. Spuit dan ’n bietjie aloe vera gel, skottelgoe­dseep of sjampoe op die vlek. Gebruik ’n ou tandeborse­l om dit in te vryf. Laat dit vir ’n paar minute so sit. Was dit nou. TALITHA KUSSEL, GROENPUNT Baie cranberry juice en water werk vir blaasinfek­sie. Moenie knyp nie. Gaan elke keer toilet toe as die begeerte jou pak. HAZEL MACINTYRE, NELSPRUIT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa