Kuier

Vaseline

-

Ek sit Vaseline aan my wenkbroue voor dit getrim word en aan my haarlyn voor ek dit kleur. Smeer dik Vaseline aan my voete voor ek werk boots aantrek, dit hou voete sag. En Vaseline vir die lippe. ROMA BAILEY, KAAPSTAD Ek smeer Vaseline aan my gesig om die make-up en oogpotlood te verwyder. RIENIE CORNELISSE­N, UPINGTON As jou sykouse aan jou klere kleef, smeer Vaseline aan jou sykouse. Ek smeer ook aan haarlyn wanneer ek my hare relax. Geel Vaseline werk ook vir baba se seer boudjies. MAURISHIN KIEWIETS, KUILSRIVIE­R Ek smeer koekpanne met Vaseline en voer dit dan met waspapier uit wanneer ek vrugtekoek­e bak. Met ’n blikkie kookwater in die oond het jy glad nie nodig om lae en lae waspapier te gebruik nie. RINA GERTZEN, ALBERTON As nuwe skoene se hakke seermaak of so druk, smeer Vaseline aan binnekant van die skoene (by hak-gedeelte) en los vir ’n lekker ruk . . . dit rek die skoen bietjie en jy loop tog te lekker. MERCIA BARMAN, PORT ELIZABETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa