Kuier

FYNGESTOOF­DE WILDSVLEIS

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

1 kg wildsvleis met bene 3 eetlepels olie 150 g dik spekrepe, in blokkies gesny 1 ui, fyngekap 2 selderysti­ngels, fyngekap 2 eetlepels suurlemoen­sap Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 koppie kookwater 3 lourierbla­re 13 swartpeper­korrels 7 naeltjies ½ koppie port 2 eetlepels koekmeel 2 eetlepels botter

METODE

Sny die vleis in stukke. Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot en verbruin die vleis en spekrepe daarin. Voeg die ui en seldery by en braai vir nog ’n minuut of twee voordat jy die water en suurlemoen­sap byvoeg. Geur met sout en peper. Voeg die kruie en port by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die pot. Kook stadig oor baie lae hitte totdat die vleis sag is en heeltemal uitmekaar val. Haal al die bene uit. Meng die meel en botter tot ’n pasta en roer deur. Kook vir nog ’n paar minute totdat die vleismengs­el lekker dik is. Bedien met rys of lekker kapokaarta­ppels.

WENK:

Jy kan die port met ’n lekker swaar rooiwyn of ’n bietjie vleisaftre­ksel vervang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa