Kuier

BILTONGVET­KOEK

Lewer ongeveer 20 vetkoeke (afhangende van die grootte)

-

BESTANDDEL­E

3 koppies volkoringm­eel 1 koppie fyngeraspe­rde biltong 3 eetlepels bruinsuike­r 1 koppie koekmeel 4 teelepels bakpoeier 1 teelepel sout 4 eiers 2 koppies kookwater Olie vir diepbraai

METODE

Plaas die droë bestanddel­e saam in ’n groterige mengbak en meng goed. Klits die eiers in ’n ander mengbak en giet die kookwater in ’n dun straaltjie by terwyl jy die heeltyd klits. Voeg dit by die droë bestanddel­e en meng goed. Verhit genoeg olie in ’n pan en skep eetlepels vol van die deeg in die pan. Moenie te veel vetkoekies gelyk probeer braai nie, hoogstens vier op ’n slag. Braai die vetkoekies tot alkant mooi goudbruin en deurgaar. Dreineer op handdoekpa­pier.

WENK:

Die vetkoek is warm of koud ewe lekker. Vir ekstra lekkerte kan jy dit voorsit met roomkaas wat met ’n bietjie soetrissie­sous gemeng is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa