Kuier

LEWERBROOD

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E

500 g lewer 1 eetlepel fyngekapte pietersiel­ie 1 kleinerige ui, fyngekap 1 selderysti­ngel, fyngekap ½ rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en fyngekap 1 koppie vars broodkrumm­els 1 eier, geklits 200 ml melk 1 eetlepel olie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Trek die vlies van die lewer af, sny dit in stukkies en maal (jy kan dit ook vinnig in die voedselver­werker fynmaak). Meng met die res van die bestanddel­e en skep in ’n gesmeerde standaard-grootte broodpan. Bak 1½ uur lank in ’n voorverhit­te oond van 160ºC. Bedien met lekker varsgebakt­e brood.

WENK:

Dis maklik om die vlies van die lewer af te trek as jy die lewer eers in kookwater dompel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa