Kuier

Die Luiperd

-

Die luiperd is die een dier wat almal wíl sien. Dis die tweede grootste katspesie en word beskou as een van die suksesvols­te jagters in Afrika. Die luiperd verkies om alleen te wees en alleen te jag behalwe as ’n ma na haar welpies omsien of as hulle paar. ’n Luiperd sal sy of haar eie jaggebied streng teen ander luiperde verdedig. Dié roofdier kom meestal snags voor en is uitstekend­e jagters omdat hulle met taktiek hul prooi agtervolg. Hulle is stil en genadeloos en bespring hul prooi onverwags wanneer hulle so 5 m weg van hulle is. Luiperde trek dikwels hul vangs hoog in bome sodat dit nie hoef gedeel te word met ander diere soos leeus en hiënas nie. Hulle hou daarvan om deur die dag in bome te slaap en aan hul vangs te smul. Dit is vir luiperde uiters belangrik om hul jaggebiede te beskerm en daarom merk hulle altyd hul gebied met hul reuk of deur die grond te skraap met hul kloue. Luiperdwel­pies kan enige tyd van die jaar gebore word. Luiperdwel­pies word gebore ná drie en ’n half maande, en wyfies skenk gewoonlik geboorte aan twee of drie welpies. Welpies bly vir ten minste ’n jaar by die ma waartydens sy hulle leer jag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa