Kuier

Die Renoster

-

Die eerste indruk wat ’n mens kry van die renoster is dat dit so ’n groot grasieuse en pragtige dier is. Die renoster word maklik uitgeken aan sy pre-historiese fisieke kenmerke en die horing op sy voorkop. Die horing is die rede waarom renosters so gestroop en doodgemaak word, soveel so, dat daar gevrees word vir dié dier se voortbesta­an. Hul horings is op geen manier aan hul skedel geheg nie en dis waarom dit so maklik afgesaag kan word. Daar was in 2016 minstens 702 renosters in Suid-Afrika gestroop. Hierdie merkwaardi­ge dier kan tot 2500 kg weeg en lewe vir omtrent 40 jaar. Omdat renosters dik gras en struike vreet, moet hulle minstens een keer ’n dag water drink om hul kos te verteer. Soms vreet renosters ook modder en grond, want dit is ’n mineraalaa­nvulling vir hul sterk liggame. Die renoster gebruik hul horing om te veg en hulleself te verdedig. Wyfies beweeg saam in klein groepe en beweeg weg van die groep as ’n vasberade bul besluit om te paar. Renosters is swanger vir 15 – 16 maande en ’n wyfie skenk geboorte kalf en die kalf hardloop altyd voor die wyfie wanneer hulle in gevaar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa