TOELAAG-AANSOEK
Outisme is ’n ongeskiktheid en jy kan aansoek doen om ’n toelaag van R1 350 per maand. Jy het die volgende nodig:
Jou ID. Jou kind se volledige geboortesertifikaat of ID.
’n Brief van jou dokter wat verduidelik dat jou kind met ’n permanente ongeskiktheid lewe en spesiale sorg benodig. Doen aansoek by SASSA-kantore. Indien jou kind ouer as 18 is, kan jy aansoek doen om ’n afhanklikheidstoelaag (dependency grant).
Maak seker jy kwalifiseer voordat jy aansoek doen. Jy moet:
Die kind se ouer, primêre voog of pleegouer wees.
’n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wees.
Nie meer as R151 200 per jaar verdien as jy enkellopend is, of meer as R302 400 gesamentlik verdien as jy getroud is nie.
Nog hulp:
Belastingbetalers wat afhanklikes het (insluitend outisme), kwalifiseer vir noemenswaardige belastingkortings. Kontak jou naaste SARS kantoor of Nathi Nxele by nnxele@sars.gov.za. Autism South Africa: Tel.: 011 484 9909; E-pos: director@autismsouthafrica.org; www.autismsouthafrica.org. Ernie Els Centre for Autism: Tel.: 011 484 7254; E-pos: Aretha.Kausele@elsforautism.org; www.ernieelscentre4autism. co.za; www.cdc.gov/ncbddd/autism/ index.htm.