Kuier

Oepsie in die bed

-

Vraag WINDE LAAT HAAR BLOOS

Antie Val, ek is baie skaam. Is dit normaal om windjies te los tydens seks? SKAAM

Antwoord BESTE SKAAM

Dit is heel normaal en so baie vroue ondervind dit. Jy moet verstaan dat wanneer jy seks het, beweeg die penis in en uit jou vagina en dit kan soms veroorsaak dat wind in jou vagina vasgekeer word. Wanneer jy ’n orgasme kry, naby daai punt is of selfs wanneer die penis uit jou vagina kom, sal die wind ontsnap. Soms kan jy die geluid hoor. Julle twee moet net saam hieroor lag of dit ignoreer.

Dit is dalk die perfekte tyd om uit te vind of jou maat sy sout werd is, want ’n opregte ou sal nie iets hiervan maak of jou laat sleg voel nie. Almal weet dat dit eintlik doodnormaa­l is en dat daar eintlik niks is wat jy daaraan kan doen nie.

As jy dalk voel dat dit meer as dit is en te veel gebeur, moet jy ’n dokter gaan sien. Mens weet nooit nie en moet liewer gerus wees. Nadat jy ’n profesione­le mediese opinie gekry het, kan dinge dalk beter sin maak.

Vraag KEGEL-OEFENINGE

Antie, wat is kegel-oefeninge en hoe kan dit my help? NUUSKIERIG

Antwoord BESTE NUUSKIERIG

Kegel-oefeninge is die perfekte oefeninge om jou te help met die versterkin­g van jou vaginale spiere. Daar word geglo dat dit jou kan help om jou vagina weer nou te maak. Mans kan tydens die oefeninge ook groot plesier ervaar.

Dit is maklik om aan te leer. Om vas te stel watter spiere gebruik word, probeer dit wanneer jy weer jou blaas moet leegmaak. Begin om te pee, dan stop jy die proses ná 3 tot 5 sekondes en pee dan verder. Stop die pee-proses soveel keer moontlik. Die spiere wat jy gebruik om jou pee te stop, is juis die spiere wat jy versterk. Gebruik net die toiletvoor­beeld om seker te maak jy weet watter spiere gebruik moet word. Moenie dié oefeninge elke dag tydens ’n toiletsess­ie doen nie.

Die kegels is só maklik dat jy dit enige tyd kan doen – selfs by die werk, op die sitbank voor die TV, terwyl jy stort en op vele ander plekke sonder dat iemand anders daarvan hoef te weet. Probeer om elke paar dae ’n sekonde by te voeg om jou oefening te verleng en dit moeiliker te maak. Die oefeninge sal jou in die toekoms help om jou knypers te versterk. Ons weet die oumense kla dat dit amper van die eerste spiere is wat gaan wanneer die ouderdom ons vang. Verhoed dit sommer nou al.

Vraag GROTERVAGI­NA PLA

Ek is nou swanger. Sal my vagina groter wees nadat ek ’n baba gehad het? Sal dit ’n invloed het op my sekslewe? SWANGER

Antwoord BESTE SWANGER

Ai, dit is nou regtig ’n vraag waaroor so baie vroue stres. Ons is so bang dat die rek van ons vagina tydens geboorte kardinale en permanente skade sal aanrig.

Gelukkig kan jy hieroor ontspan. Die rek van jou vagina is doodnormaa­l en natuurlik en dus gaan dit sommer gou weer terug na sy oorspronkl­ike grote. Jou sekslewe sal skade ly deur die koms van ’n baba, as jy nie daarteen waak nie. Jy en jou maat moet voorbereid wees en seker maak dat dit nie agteruit gaan nie. As jy dán voel dat jou vagina nie meer dieselfde voel nie, moet julle nuwe posisies en ritmes probeer. Anders bly dit net boring en afgesaag. Maak moeite om dit te voorkom.

Doen nou al ook kegel-oefeninge om seker te maak dat jou spiere in ’n goeie toestand is voor jy geboorte gee. Dit is dieselfde met enige spier wat altyd beter herstel as dit van die begin af fiks was. Jou gynae sal ook enige vrae hieroor kan beantwoord. As daar reeds ’n swangerska­p is, moet jy dit geniet en nie jouself met onnodige dinge ontstel nie.

Stuur ’n SMS met die woorde KUIER ANTIE VAL gevolg deur jou vraag na 37172 (R1 per SMS), of e-pos kuier@kuier.co.za met ANTIE VAL in die onderwerpl­yn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa