Kuier

vinnige nama-les

-

Die klapklanke

Daar is vier kenmerkend­e klapklanke in die taal en hulle word verteenwoo­rdig deur die letters: "|", "!" , "||" en " ".

1. Die tandletter/dentale-klapklank "|"

Die "|"- klapklank word gemaak deur die breek van ’n geringe suiging wat veroorsaak word deur die voorpunt van die tong net agter die boonste voortande waar hulle die tandvleis raak, te plaas; trek (met albei lippe effens apart) dan die voorpunt van die tong weg van die tande af.

2. Die palatale-klapklank "!"

Die "!"-klapklank word gemaak deur die breek van ’n geringe suiging, veroorsaak met die voorkant van die tong teen die verhemelte, waar dit afdraai na die boonste voortande. In die breek van hierdie suiging word ’n skerp ondertoe- beweging van die tong gemaak, terwyl die lippe effens van mekaar gehou word. In die voortbring van hierdie klank is daar ook ’n skerp ondertoebe­weging van die onderkakeb­een te bespeur.

3. Die sydelingse/laterale klapklank "||"

Die "||"-klapklank word gemaak deur die breek van ’n suiging veroorsaak tussen een van die twee kante van die tong en die betrokke wang. Die lippe en tande word effens apart gehou wanneer hier klapklank gemaak word en die onderste kakebeen word nie op of af beweeg nie.

4. Die alveolêre-klapklank " "

Die " "-klapklank word gemaak deur die breek van ’n suiging wat veroorsaak word deur die voorpunt van die tong tussen die voortande te sit en vinnig terug te trek met albei lippe effens apart.

Die taalles is met dank aan “Leer jouself Nama” deur die Wes-Kaapse departemen­t van kuns en kultuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa