Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Daar is niks fout met ouers wat hul kind die regte pad wys nie, maar kinders moet ook hul eie besluite kan maak.

- Deur Litticia Tarentaal-Brown

Baie ouers vind dit moeilik om hul kinders as volwassene­s te aanvaar. Hulle wil steeds gesag op ’n 30- of 40-jarige volwassene afdwing. Min wetend dat hulle daardie persoon in ’n moeilike situasie plaas, want nes die ouer het daardie een ook hul eie lewe wat hulle leef.

Streng woorde soos“as jy nie vanaand 20:00 in die huis is nie, sluit ek jou uit” of“jy gaan nie dans toe nie”. Of “jy koop onnodige items van jou salaris – hoekom koop jy nie liewer dit of dat nie. Kyk wat het jy hier en daar gedoen jy moes dit só gedoen het”.

Daardie persoon kan skree van frustrasie, want hulle leef in ’n ander era as toe hul ouers jonk was. Tye en dinge het verander. Dinge word nou anders gedoen as wat dit destyds gedoen is.

Daardie persoon het nou hul eie huisgesin en moet nou self gesag handhaaf, maar hoe kan hulle dit doen as daar heeltyd voorgepraa­t word?“Dít is hoe jy jou kind moet grootmaak”of“dít is die klere wat jy vir jou gesin moet koop en koop dit by daardie spesifieke winkel.”Sjoe! Dis vreeslik.

Jy voel asof jy in ’n kartondoos gedruk word en enige tyd kan versmoor. Maak net jou mond oop oor die onreg teenoor jou dan is die gort nou gaar.

Ouers moenie verkeerd verstaan nie; hul kinders is al die jare gehoorsaam, toon respek teenoor hulle en waardeer die leiding, maar geen volwassene wil gesê word hoe hy of sy hul salaris moet spandeer nie. Geen huisvrou wil voorgesê word watter kos sy vir haar gesin moet kook en hoe sy

Sommige volwassene­s is bang vir hul ouers en waag nie om hul monde oop te maak wanneer hulle voel om hul opinie te lug nie.

dit moet voorberei nie. Hoe gaan volwassene­s leer as hulle nie foute begaan nie? Sekerlik sal hulle raad vra as hulle vashaak. ’n Volwassene sal nooit soos ’n volwassene voel terwyl ouers daardie een nog soos ’n kind behandel nie. Sommige volwassene­s is bang vir hul ouers en waag nie om hul monde oop te maak wanneer hulle voel om hul opinie te lug nie. Dus doen hulle maar alles wat hul ouers van hulle verwag, maar diep in hul harte voel hulle sielsongel­ukkig. ’n Vrou sal net om haar ouers tevrede te stel, daardie pers rok wat sy haat, koop en aantrek net omdat haar ma daarvan hou. Dis ook soms hoekom ma en dogter gereeld in klerewinke­ls stry kry. Elkeen wil koop en dra waarvan hulle hou. Niemand wil iemand anders se styl koop of dra nie. Daar is geen opstand teen ouers nie, maar gun ’n volwassene hul eie lewe. Sekerlik het daardie kind oor die jare baie ingeneem wat Ma of Pa hulle geleer het en ook selfs ’n paar duur lesse langs die pad geleer en dit sal daardie een altyd bybly. Die bejaardes sê altyd, wees versigtig wat jy voor ’n kind doen of sê, want ’n kind het ’n geheue soos ’n olifant. Al het iets baie jare terug in hul kinderjare gebeur, sal hulle dit steeds kan onthou al het hulle nie hul ouers gesê nie.

Ja, nie almal is gelukkig om met albei ouers groot te word. Party het net ’n ma of ander het net ’n pa. Sommiges word by ouma groot, want die ma en pa is oorlede.

Kinders wat met albei ouers grootgewor­d het, is dankbaar vir al die leiding, lewensless­e, pak slae en liefde, maar dis nou tyd dat hulle hul eie potjie krap. Of dit nou gaan aanbrand en of dit ’n pot kos is wat op water dryf … daardie een moet self leer en voel hy of sy is in beheer van hul besluite in die huishoudin­g en lewe. Elke dogter wil sekerlik ’n ma vir haar kinders wees soos haar ma ’n ma vir haar as kind gewees het en daardie waardes en norme sál sy in haar huis toepas.

Wat ’n wonderlike bevryding wanneer ’n volwassene soos ’n grootmens behandel word. Jy is vry om jou eie keuses te maak. Jy kan kom en gaan waar en wanneer jy wil. Jy kan kos kook waarvan jy hou. Jy kan klere koop waarvan jy hou. Jy kan die tipe werk verrig waar jy jou passie kan uitleef. Uiteindeli­k kan jy jou merk daar buite maak. Die wêreld lê oop vir jou om asem te skep om al die fantasties­e dinge daar buite te ervaar.

Die geheim is om as ouer daar te wees wanneer jou volwasse kind jou nodig het, nie om hul besluite vir hulle te maak nie.

So leef en wees gelukkig en waardeer mekaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa