Kuier

Vind uit hoe om gemaklik te wees in jou bra

Vroue se borste verskil en om bra te dra, is soms noodsaakli­k, maar partykeer kan dit meer ’n pyn wees as enigiets anders! Die geheim is om die regte bra te kry.

- Deur Jaydey Sass

Aaahhhh. . . Ons almal ken daardie gevoel ná ’n lang dag wanneer jy jou bra uittrek. Wanneer daai gespes loskom, sug jy van verligting en jy kan weer vir ’n slag asemhaal. Dis amper asof jy uit die tronk ontsnap, want daai gevoel om net vry en los te wees, is een wat jy vir g’n man kan beskryf nie. Sommige vroue kan nie wag om ná die einde van ’n dag uit hul bra’s te kom nie. Thandeka Mchunu (26) van Johannesbu­rg sê sy raak sommer langs die pad al ontslae van haar bra!“Ek trek al my bra uit wanneer ek in my kar klim. As ek dit nie op pad huis toe uit kan trek nie, trek ek dit by my voordeur met my hakkies en al uit,”sê sy. Thandeka voeg by sy dra deesdae al hoe meer sportbra’s, want underwire is ’n nagmerrie. Maar hoe dit ook al sy, die konsep van bra-dra is in ons en die samelewing ingeboesem. Die bra, kort vir die Franse woord“brassière”, gaan dekades lank in en uit die mode soos wat die samelewing, modes en siening van die vroulike liggaam verander. Baie vroue is passievol oor óf hulle bra moet dra óf daarsonder kan lewe. Die redes waarom vroue bra’s dra, kom op twee goed neer: Vir sosiale redes en vir ondersteun­ing. Sommige vroue voel hulle het nie eintlik ’n keuse as dit kom by bra-dra nie. Hul borste is so groot dat dit pynlik en ongemaklik sal wees om nie die ondersteun­ing van die bra te het nie. Karen Beukes* (50) van Stellenbos­ch dra ’n DD-cup en sê:“Ek dra

dit hoofsaakli­k om ondersteun­ing te kry en omdat ek glo my lyf lyk beter met die ondersteun­ing as daarsonder!”

Zoë Brown (27) van Kaapstad en Velancia Sass (22) van Atlantis buite Kaapstad sê ondersteun­ing vir hul borste is só belangrik dat hulle selfs in hul bra’s slaap. Hoe meer ondersteun­ing hoe beter, is hul motto.

Daarteenoo­r is daar dié in die klein borste-afdeling wat dit groter of beter wil laat lyk. Vanessa Mpatlanyan­e (24) van Nelspruit sê sy hou regtig niks van ’n bra dra nie, maar sal“’n bra aantrek om die nippel stand weg te steek en ook om my boobs groter te laat lyk”.

Verskillen­de soorte bra’s gee verskillen­de soorte voorkoms of ondersteun­ing. Stilis en eienaar van die mode-handelsmer­k Kelz Klozet, Kelly-Lee Ohlson, sê ’n bra beïnvloed hoe klere aan jou sit. Vroue met kleiner borste (soos ’n A-cup) kan maklik daarmee wegkom om sonder ’n bra te loop, maar dié met groter borste is ’n heel ander saak. Bra’s gee jou borste vorm en as jy nie een dra nie, laat dit jou borste hang. “En dis ’n look wat nooit in die mode gaan wees nie!”sê sy.

Behalwe dat groot borste sonder bra jou lomper kan laat lyk, jou liggaam oneweredig en sonder definisie laat voorkom, is jy altyd op risiko vir nippels wat wys – ’n groot no-no as jy in geselskap is. Kelly stel voor as jy jou bra vir ’n dag of wat die trekpas wil gee, maar steeds jou nippels wil bedek, kan jy altyd tops, rokke en hemde met versteekte bust-ondersteun­ing koop.

nÁ kinders

Dis g’n geheim dat jou borste ná swangerska­p drasties kan verander nie.

Eloise Engelbrech­t (36) van Malmesbury sê haar borste is glad nie meer dieselfde vorm ná haar drie kinders daaraan gedrink het nie.“Ek het eers nie push-up bra’s gedra nie, maar nou moet ek, want ek wil dit opper en stywer laat lyk. As ek niks aanhet nie, waai dit rond. My tette is nou dooie muise!”voeg sy laggend by.

Nastasja Clute (45) van Retreat se borste het ná haar swangerska­p vanaf ’n 36 A-cup tot ’n 40 D-cup vergroot. Sy moes toe haar bra-keuses verander. Mooi bra’s was iets van die verlede, want dit was nie beskikbaar in haar grootte nie en sy moes maar tevrede wees met Cross-my-hearts.“Ek is nou ’n 46 DD en is heel gemaklik met my borste, maar wens ek kon fancy bra’s dra sonder ’n underwire. Maar gravity het sy tol geëis!”

Sy het ook besef dat dit nie nodig is om oorgroot klere te dra om die grootte van haar borste weg te steek nie.“Ek koop nou my eintlike grootte tops. Ek is ook mal oor Woolies se nuwe reeks bra’s wat lekker pas en ’n bietjie lace het.”Toe sy jonger was, het haar borsgroott­e haar baie gepla, maar nou is dit deel van wie sy is.“Ek kom uit ’n familie van vroue met groot borste van E- tot G-cups en het by hulle geleer dat jy smart en modieus kan aantrek, maak nie saak watter borsgroott­e jy het nie,”sê Nastasja.

Vir Cola Maart (46) van Brackenfel­l is saggy, groot borste die ergste. Sy haat haar groot borste en sê sy wens sy kon dit kleiner en meer ferm maak.“Ná my swangerska­ppe het ek duur room gebruik om my borste ferm te maak, maar dit het net my borste laat lekker ruik.”

Voor haar swangerska­p het sy“perfekte 32 B perky borste”gehad, maar nou is dit glad nie dieselfde nie.“Elkeen het nou sy eie shape en size. My linker ene is ’n D-cup en die regter een ’n C!”

Sy sê elke bors het so sy eie wil, want sy het pille gedrink om haar melk op te droog.“Al die melk het gemaak dat my linker een so groot soos ’n soccer ball geword het.”Boonop het sy in 2012 ’n cancer scare gehad.“Ek het ’n massa so groot soos ’n golf ball in my linkerbors ontdek. Die dokter het gesê dit kan kanker wees. Ek het byna myself natgepee van skok en stres. Ek het gegaan vir ’n biopsie en die chirurg het gesê dis darem net vloeistof wat gedreineer moet word. Ja, ek haat die vorm en grootte van my borste, maar ek is baie bly my borste is gesond.”

Nou hoe gemaak as jy eenvoudig ’n bra móét aantrek?

Die geheim is om in die eerste plek vir jou ’n bra te koop wat goed pas.

Carla Schoeman, streekbest­uurder en fitting-konsultant vir Storm in A-G Cup, sê 70% van vroue dra die verkeerde bragrootte.“Indien jy die verkeerde bra-grootte dra, kan jy dalk rug- en nekpyn ervaar, skawing onder die borste en ook straps wat jou skouers seermaak. Maar as jy die regte grootte dra, sal jy niks hiervan ervaar nie, jou klere sal beter pas én jy sal meer ondersteun­ing het.”

Behalwe die pyn en skawing, veral by groter borste, is daar ook ander gesondheid­skwessies wat jy kan ervaar as jou bra nie reg pas nie.“Die verkeerde cup-grootte sal maak dat die underwire in jou borsweefse­l druk en dit kan lei tot die verstoppin­g van kliere in die bors en selfs siste in sommige gevalle veroorsaak. Indien die cup nie reg pas nie, kan die vel skaaf en dit kan ’n irritasie onder die borste veroorsaak,”voeg Carla by.

Kelly en Carla stem saam dat ’n bra wat pas ’n móét is. Hul raad is dat jy eerste vir ’n grootte-assesserin­g moet gaan voordat jy op ’n bra besluit, want bra-styl, -grootte, en -vorm maak ’n groot verskil.

Jy kan jou by sommige winkels laat meet voordat jy op ’n bra besluit.“Jy moet die regte size bra dra. As dit te groot is, gaan jy heeldag ongemaklik wees, selfs al gaan jy net vinnig loop, is dit pynlik, want jou borste het nie genoegsame ondersteun­ing nie. As die bra te klein is, is dit selfs nog ongemaklik­er en jy sal soos ’n opgestopte pop voel,”sê Kelly.

’n Vinnige manier om seker te maak dat jou bra reg pas, is om te kyk of dit agter optrek. As dit optrek, moet jy weet dis nie reg vir jou borste of lyf nie.“Ek glo – of jy nou groot of klein borste het – jy kan enige tipe bra dra. As die middelgede­elte van jou bra plat op jou bors lê, die draad (as jy ’n underwire-bra aanhet) onder jou borste is en jou bra jou borste heeltemal toemaak, dan is alles dooddollie­s,”gee Kelly raad. Carla voeg by dat die agterkant van die bra glad nie op en af moet beweeg wanneer jy beweeg nie en moet effe laer sit as die voorste gedeelte.“As die agterste band wel beweeg, sak die cups voor en plaas druk onder jou borste en op jou skouers.”

Of jou bra nou jou bra is of nie . . . Die korset het destyds vir die bra plek gemaak. Dalk is dit tyd vir bra’s, soos ons dit nou ken, om ook die hasepad te kies . . .

*Skuilnaam Kry hier raad:

• Besoek Storm in A-G Cup-winkels vir gratis en profession­ele hulp om die perfekte bra te kies. • Besoek www.ackermans.co.za/the-fit/ bra-calculator om jou bra-grootte te bepaal en vir bra-tips.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa