Kuier

Die akteur Maurice Paige wys ons waarvandaa­n hy kom

Al is hy nou ’n suksesvoll­e akteur, vergeet hy glad nie waarvandaa­n hy kom nie en is nog net so plat op die aarde soos voor sy roem! Deur Tarren-Lee Habelgaarn

-

As jy die akteur Maurice Paige op TV sien, is dit maklik om te dink hy is onbereikba­ar of“te goed vir ons” omdat hy nou so suksesvol en beroemd is. Maar al ken Maurice nou die“goeie lewe” en stadsliggi­es van beide Gauteng en die Kaap, het ’n kuier saam met Maurice in sy platteland­se tuisdorp, Heidelberg in die Wes-Kaap, gewys sy hart sal altyd híér lê.

Maurice (35), wat vir jare die rol van Calvin in Isidingo op SABC3 vertolk het en nou ook as Tyron in Suidooster op kykNET te sien is, het ’n Saterdag uit sy besige skedule geneem om vir Kuier te wys waar sý wortels lê.

Heidelberg is ’n klein dorpie langs die N2, omtrent 300 km buite Kaapstad. Daar is nie veel om in Heidelberg te doen nie, maar hierdie pragtige dorpie omring deur die riviere, berge en canola van die Overberg word daagliks as ’n stop gebruik vir motoriste wat reis en gou hul bene wil strek, petrol wil ingooi of iets by die garage se Wimpy wil eet.

Maurice woon en werk die afgelope 10 jaar in Johannesbu­rg. Maar noudat hy ’n breuk van Isidingo neem en tans by Suid

ooster werk, wat in Kaapstad verfilm word, is dit vir hom lekker om weer naby die huis te wees.

’n regte oumakind

Maurice is in sy element wanneer hy tyd kan afknyp om huis toe te kom; dit maak sy siel gelukkig. Want ’n snyerspak en spitsverke­er verrruil hy enige dag om kaalvoet in ’n shorts langs die rivier met sy familie en vriende te braai. Wanneer hy Heidelberg toe kom, is daar geen druk nie en kan hy rus en reboot en by ou vriende en onderwyser­s gaan inloer.

Hy het Kuier onder meer gevat na die huis in die straat waar sy oorlede oumagrootj­ie Wilhelmina Hart gebly en hy grootgewor­d het; na sy ouma aan sy ma se kant, Lydia Paige (69) se huis waar sy kamer steeds regstaan wanneer hy gaan kuier; en na die gym waar hy spiere bou saam met vriende. En hy het seker gemaak ons stop by Heidelberg se gewilde biltongwin­kel, die rivier wat dié braaispot in die dorp is en by sy ou hoërskool. Ons het ook ’n plaaslike rugbywedst­ryd gaan kyk, een van die gunsteling­tydverdryw­e in die dorp.

Maurice, ’n ouma- en oumagrootj­iekind, het dié dag nostalgies geraak oor die sterk vroue wat hom grootgemaa­k het en hoe lekker dit altyd was om agter sy ouma se rug te slaap. Die waardes waarmee hulle hom grootgemaa­k het, is ook wat Maurice gehelp het om reeds van 16 af selfstandi­g te wees en sy voete plat op die aarde te hou.

Hy weet hoe sy ouma Wilhelmina moes rek en strek om vir meer as ses mense met haar pensioenge­ld te sorg. Hy sal ook altyd onthou wat sy ouma- en oumagrootj­ie hom geleer het: Om nederig te bly en nooit neer te kyk op iemand anders nie of die werk wat hulle doen nie.“Selfs al pak hulle jou sakkies in die winkel, behandel hulle met respek en waardighei­d, want jy ken nie hul omstandigh­ede nie. Enige werk is so goed soos ’n ander,”onthou Maurice.

En gepraat van werk, glo dit of nie, maar Maurice het nie geweet toneelspel sal eendag sy loopbaan wees nie. Inteendeel, hy het gedink hy sou dalk ’n sportman word. Maar dit lyk asof daar iets in Heidelberg se water is, want Christo Davids en Theodore Jantjies ( 7de Laan se Errol en Xander), albei suksesvoll­e akteurs, is ook van die dorp.

Maurice sê hy was saam met Christo en Theodore altyd deel van die dramagroep op die dorp, maar weet nie eintlik hoe hy regtig in die vermaakbed­ryf beland het nie. Sport was ’n groot passie vir hom en hy onthou hoe hy, Christo en Theodore in die veld rugby en sokker gespeel het.

“Ek was van nature ’n atleet en dit is

waarin ek die meeste perform het, maar ek was ook baie lief vir rugby. My (oorlede) oupa was ’n groot rugby star in die dorp en as ek nie ’n akteur was nie, sou julle my definitief op die sportgebie­d gesien het. Maar Rudy Paige (sy neef en Blou Bul-skrumskake­l) is daar om die familie te represent. So dit is orraait,”voeg Maurice by.

Dorp se trots

Maar só het Maurice kort ná skool tog besluit om die rustigheid van die platteland vir die besige stadslewe te verruil toe hy drama in die Kaap gaan swot het. Heidelberg is klein en daar is nie veel loopbaange­leenthede nie, so Maurice moes ’n skuif maak.

Ná sy studies het Maurice met teaterwerk begin en in talle teaterprod­uksies landwyd opgetree. Toe hy later besluit om die skuif van teater na televisie te maak, het hy in 2003 as kameraman vir e.tv afloswerk gedoen. In 2009 het sy groot kans gekom toe hy die rol van Calvin in Isidingo kry. Dit was sy eerste groot televisier­ol en vir die grootste deel van sy loopbaan is hy al by hierdie sepie betrokke. Maar

hy het besluit om ’n breuk te vat en ’n rol te vertolk in Suidooster. Hy werk ook steeds tussendeur aan teaterprod­uksies.

“Teater is my groot passie. Hier moet jy iets dadelik reg doen, daar is nie ’n kans om ’n tweede take te doen nie. Dit gee ’n mens daardie stoot wat jy nodig het om jouself te verbeter. Ek kan myself ook meer uitleef op die verhoog, maar ek hou van beide televisie en teater. Ek hou van albei vir verskillen­de redes, maar ek het gevoel dit was belangrik dat ek nou ’n ander karakter speel, want ek wil nie nét as Calvin onthou word nie,”sê hy.

HEIDELBERG SE mense

Ons het die onderhoud sommer loop-loop deur Heidelberg se strate gedoen. Daar is nie baie motors wat in die strate rondjaag soos in die stad nie. Hier stap mense en oral waar ons met Maurice gaan, keer bure hom voor om vinnig te groet of met hom te praat. Maurice groet almal met ’n glimlag en met ’n handskud of drukkie.

Hy verduideli­k hy is besig, maar sal hulle later op die rugbyveld sien. Hy mis ’n lek- ker game vir niks!

“Die mense hier is anders as mense in ander dorpies. Mense noem vir my, Christo en Theo die roem van die dorp. So almal, selfs die mense saam met wie ons beef gehad het, het nou respek vir ons. Hier is ’n groot support structure. Almal in die dorp ken mekaar en weet wat elkeen doen. Ons almal support mekaar en dit is een van die dinge wat hierdie dorp so spesiaal maak,” vertel hy.

Maurice raak opgewonde wanneer hy terugdink aan sy grootwordj­are. Hy stop by ’n huis in die straat waar sy oumagrootj­ie destyds gewoon het. Iemand anders bly nou daar en die huis is groter en meer modern gemaak, maar Maurice se goeie herinnerin­ge is nog helder. Hy raak nostalgies oor hoe sy oumagrootj­ie kos op die gastoof gekook het en etes om die hoektafel.

Hy vertel en beduie waar op die jaart hulle die groente, vrugte, hoenders en duiwe gehou het.

“My oumagrootj­ie Wilhelmina moes alleen vir hulle met haar pensioen sorg en dit was nie maklik nie. Om geld te spaar en self-sufficient te wees, het sy alles geplant wat sy kon. Ons het al ons eie vrugte en groente gegroei en daar was selfs ’n hoenderhok waar ek daagliks ons eiers gaan haal het. Dit was ook my werk om met die donkie te stap en die grond te ploeg. Voor ek kon gaan speel, moes ek ook elke dag 100 stukke hout kap. Almal het hul eie taak gehad, maar dit was lekker,”sê hy met ’n glimlag.

Maurice was ook mal oor sy duiwe en het sowat ’n 1 000 van hulle gehad.

“Ons het hulle gebruik om boodskappe aan naby dorpies te stuur. Ek het nog altyd ’n liefde gehad vir dinge wat vlieg. Hulle is ’n simbool van die freedom wat ek altyd wou hê. Vir my het ek daardie freedom gekry toe ek uit die huis kon trek en vir myself kon sorg. Dit is ook die rede hoekom ek tattoos van duiwe op my arms het,”voeg hy by.

By sy ouma Lydia se huis aangekom, helder Maurice se gesig dadelik op en hy glimlag breed waar hy haar op die stoep sien sit.

“Daar sal jy haar altyd kry. Kyk hoe sit sy,” sê hy laggend.

Hy gee haar ’n stywe drukkie voordat hy saam met haar op die stoep gaan sit om te gesels oor sy matriekjaa­r en die lekker waterblomm­etjie- en koolbredie wat sy nou nog vir hom maak.

Hy het by haar kom woon saam met die ander kleinkinde­rs en kinders ná sy oumagrootj­ie Wilhelmina se sterfte en het sy matriekjaa­r onder haar sorg klaargemaa­k.

’n Mens kan sien hulle band is sterk en dat hy sy ouma se trots is.

“Al het ek vir ’n baie lang tyd by my oumagrootj­ie gewoon, sal dit (ouma Lydia se huis) altyd my huis wees. Almal die kleinkinde­rs het deur hierdie huis gekom en hier is nou nog kinders. Dit is ons almal se huis en agter my ouma se rug is waar ons die lekkerste geslaap het,”sê hy terwyl hulle deur ou foto’s blaai.

Oor haar kleinseun het ouma Lydia net goeie goed te sê. Sy Calvin-karakter is haar gunsteling, maar vir haar bly hy net Maurice.

“Ek likes Calvin. Ek dink Maurice speel hom lekker en ek hou van hoe hy aantrek, maar hier is hy net Maurice. Ons sal hom nooit iets anders noem nie. Wanneer ons as familie saamkuier, hou ons daarvan om te kook of te braai en gesels vir ure. Ons het hom maar min gesien toe hy in Johannesbu­rg gebly het, maar noudat hy weer in die Kaap is kan ons hom meer sien. Ek het altyd vir die kinders gesê,‘gaan, maar kyk net mooi na jouself’en hy doen,”sê ouma Lydia.

HY IS STEEDS DIESELFDE

In die stad mag hy dalk ’n beroemde akteur wees, maar vir die res van Heidelberg, net soos vir sy ouma, is hy net Maurice.

Angelene Hatnick, een van die bure, sê wanneer hy kom kuier, is dit altyd lekker om vir Maurice te sien. Hy is steeds die vriendelik­e seun wat voor haar grootgewor­d het en sal altyd inloer wanneer hy in die plek is.

“Nee, Maurice is nog dieselfde en ek glo nie hy, Christo of Theo sal ooit verander nie. Hulle het plat grootgewor­d en so moet jy bly. Jy kan nie nou dat jy iets bereik het, verander nie. Maar ons is baie trots op die kinders van ons dorp en weet hulle hou ons naam hoog,”sê sy.

Eloise, een van Maurice se oudonder- wysers, stem saam en meen mense soos Maurice inspireer die kinders van die dorp om ook groot te droom. Sy lag ook lekker wanneer sy sê dit is seker erger vir Maurice om huis toe te kom as wat dit is om in die stad te loop, want as hy nie vir almal groet nie, sal hy dit hoor.

“Hy is ’n goeie kind, maar dit kan ek van hulle almal sê. Hy was altyd een van die cool cats in die klas, maar met goeie maniere. Hy was ook altyd by die drama betrokke, maar was ook ’n sportman. Hy het baie min verander sedert hy weg is, maar hy sal nooit kan verander nie,”sê Eloise laggend.

“As hy nie vir almal groet nie, sal hulle dink hy het ’n air en sal mense iets sê. Dit is maar hoe dit in ’n klein dorpie gaan, maar al ons kinders maak ons trots en om mense soos Maurice in die gemeenskap te hê wat nou ’n beroemde akteur is, doen baie vir ons kinders. Hulle kyk op na mense soos Maurice en dink as hy dit kon maak, kan hulle ook,”sê Eloise.

’n Mens kan ook nie help om Maurice se spiere raak te sien nie. Hy doen nou bodybuildi­ng. In sy aftyd, selfs wanneer hy Heidelberg toe kom, sal jy Maurice in die gym kry. Hy gaan juis in Oktober Suid-Afrika in Londen in’ n bodybuildi­ng-kompetisie verteenwoo­rdig.

“Ek het op ’n tyd met ’n personal trainer uitgegaan en omdat sy so baie geoefen het, het ek toe maar ook besluit om bodybuildi­ng te probeer. Ek het ’n paar maande nadat ek begin het aan my eerste kompetisie deelgeneem en gewen. Ek het besef ek kan dit doen en nou hou ek daarvan om my liggaam te push en te sien hoe ver ek dit kan vat. Dit het my ’n hele ander leefstyl geleer en dit is ook ’n goeie manier om te ontspan. Dit gaan oor baie meer as net spiere ontwikkel.”

Behalwe vir sy bodybuildi­ng, werk Maurice ook aan ’n paar produksies wat deur sy produksiem­aatskappy gedoen w orde nis hy baie opgewonde vir mense om dit oor die volgende paar maande te sien.

Johannesbu­rg is ook nog nie ’n closed chapter vir hom nie en sal ons oor die volgende jaar weer een of ander tyd vir Calvin sien. Maar vir nou geniet hy die Kaap en hierdie platteland­se seun hardloop nou soveel as wat hy kan van die stad af weg Heidelberg toe – na daar waar sy hart in die platteland lê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Maurice Paige staan voor sy ouma se huis en sy tuiste in Heidelberg. Hier is hy en sy ouma Lydia Paige in haar voorkamer.
HOOFFOTO: Maurice Paige staan voor sy ouma se huis en sy tuiste in Heidelberg. Hier is hy en sy ouma Lydia Paige in haar voorkamer.
 ??  ??
 ??  ?? KLOKSGEWYS VAN LINKS BO: Maurice en sy ouma kyk na sy 21stfoto’s. Hy vang gees met die dorp se rugbyspan. Maurice gesels in die pad voor sy ouma se huis. By ’n rugbywedst­ryd by sy ou hoërskool. Hy gym gereeld.
KLOKSGEWYS VAN LINKS BO: Maurice en sy ouma kyk na sy 21stfoto’s. Hy vang gees met die dorp se rugbyspan. Maurice gesels in die pad voor sy ouma se huis. By ’n rugbywedst­ryd by sy ou hoërskool. Hy gym gereeld.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa