Kuier

Kanker eis ses vroue in een familie

Dit is reeds traumaties as een familielid met kanker gediagnose­er word, verbeel jou 6 van hulle sterf daarvan.

- Deur Elmarine Anthony

Toe haar dogter verlede jaar met borskanker gediagnose­er is, het Maureen Esbach (71) by haarself gedink“dit begin alweer”, want sy moes toekyk hoe vyf van haar susters die een ná die ander aan borskanker sterf.

Charmaine (50), Charlotte (51), Daloris (52), Ella (54) en Gracie Kannemeyer (56) is almal in hul vroeë vyftigs gediagnose­er en het hul stryd tussen 1979 en 1994 in die volgorde waarin hulle gebore is, verloor. “Dit was traumaties om my susters te sien wegglip van my,”vertel Maureen, wie se oorblywend­e suster en twee broers intussen oorlede is.“Nou is ek eensaam omdat ek die enigste een oor is.”

As ’n werker in ’n fabriek in Atlantis buite Kaapstad, het Maureen altyd hard gewerk, maar nadat haar susters gediagnose­er is, het sy goed na haarself begin kyk. Sy het vir ondersoeke gegaan en by ’n mediese fonds aangesluit, sou iets gebeur. Tot vandag toe ondersoek Maureen gereeld self haar borste.

Ongelukkig het die familie se hartseer voortgeduu­r. Daloris se dogter, Wendy Sauls, is in April 2012 aan eierstokka­nker oorlede terwyl Gracie se dogter, Margerite Davids (45), tans in remissie van borskanker is, want gelukkig is behandelin­g baie meer gevorderd as wat dit destyds was.

Hoewel kanker in hul familie is en die siekte reeds ses vroue getref het, het Maureen se dogter, Patricia van Rooyen (46), vir drie jaar voor haar diagnose nie vir ondersoeke gegaan nie.“Ek was gesond en het nie gedink dit was nodig om vir toetse soos papsmere of mammogramm­e te gaan nie. Ek het nie gedink dit (borskanker) gaan met my gebeur nie.”

Min het Patricia geweet dat sy reeds vir twee jaar die gewas in haar bors dra, toe sy in April verlede jaar met kanker gediagnose­er is. Sy het toevallig agterkom dat iets verkeerd is toe sy eendag op ’n staptog gegaan en geval het. Sy het ’n knop in haar linkerbors gevoel en is na ’n dokter, wat haar toe na ’n kankerklin­iek gestuur het. Hulle het haar onmiddelli­k met borskanker gediagnose­er en Patricia moes, weens die grootte (15x9 cm) van die gewas, gou met behandelin­g begin.

Dokters kon egter nie vasstel watter tipe gewas sy gehad het nie en was onseker oor die tipe chemo-behandelin­g wat sy moes ontvang. Patricia het toe vir geentoetse gegaan sodat hulle die tipe gewas kon identifise­er. Daar is egter net vier geen-toetste in Suid-Afrika, terwyl daar meer as duisende geen-toetse oorsee is.

Patricia het negatief getoets en dokters het voorgestel dat hulle haar toetse oorsee laat doen. Dit sou haar egter R80 000 uit die sak jaag. Haar dokter het toe uit vorige ervaring ’n kombinasie chemobehan­deling probeer waarop Patricia

goed gereageer het. Sy het vir ses maande elke drie weke chemo-behandelin­g ontvang. In Desember verlede jaar het hulle haar bors verwyder waarna sy vir 16 dae vir bestraling gegaan het. Sy het einde Augustus vanjaar die laaste van haar borsrekons­truksie ondergaan.

Patricia het vroeër nie gedink dis belangrik om vir mammogramm­e te gaan nie en papsmere, sê sy, is baie ongemaklik om te ondergaan.

“Ek was stupid,”sê Patricia egter nou. Vandag is sy spyt dat sy nie vir gereelde ondersoeke gegaan het nie.“Jy sien ander mense wat slegter af is as jy, ly in die hospitaal en jy sit daar en dink,‘gaan dit met my gebeur?’Dis geestelik baie uitputtend.”

Patricia se twee dogters (26 en 22) gaan nou jaarliks vir bloedtoets­e wat kanker vroeg kan opspoor en vir papsmere. Patricia raai alle vroue aan om“asseblief” vir gereelde ondersoeke te gaan, omdat kanker beter behandel kan word wanneer dit vroeg gediagnose­er is.

Met haar diagnose het sy nie aan ’n mediese fonds behoort nie. Sy wou in ’n staatshosp­itaal behandel word, maar haar dokter het gesê sy sou waarskynli­k op ’n waglys geplaas word weens die grootte van haar gewas. Aan die einde van haar behandelin­g het die mediese fonds ingeskop, maar vir die chemo, mastektomi­e, bestraling en ’n gedeelte van die rekonstruk­sie, moes sy self betaal. Dit het haar meer as R700 000 gekos.

Haar man het haar diagnose baie sleg hanteer, maar Patricia het onthou hoe een van haar anties altyd gesê het hulle moet alles face wat oor hulle pad kom.“Ek het vir myself gesê niks is fout met my nie en dat ek dit sal hanteer.”

Volgens dr. Karin Baatjes van die Tygerberg-hospitaal se Borskanker­eenheid, moet vroue jaarliks vanaf die ouderdom van 40 jaar vir ’n mammogram gaan. Indien jou ma met borskanker gediagnose­er is, moet jy 10 jaar voor die ouderdom waarop sy gediagnose­er is, met siftingsma­mmogramme begin. Sy raai vroue ouer as 20 aan om maandeliks­e bors-selfonders­oeke (BSO) te doen. Premenopou­sale vroue moet die ondersoek ’n paar dae ná hul maandstond­e doen. As jy postmenopo­usaal is, moet jy die ondersoek elke maand op dieselfde dag doen.

Baatjes gee die volgende instruksie­s vir ’n selfonders­oek. Kies die metode wat jou die beste pas:

Kyk in ’n spieël

Staan voor ’n spieël en vergelyk albei borste vir verskille in grootte, intrekking van tepel, knoppe of kuiltjies. Let op enige vel- of tepelveran­deringe, of ’n discharge uit die tepel. Ondersoek jou borste in elk van die volgende 4 posisies: (1) Met jou arms langs jou sye. (2) Met jou arms bokant jou kop. (3) Met jou hande hande op heupe – druk ferm om jou borsspiere te bult. (4) Met jou bolyf vorentoe. In hierdie posisies trek jou borsspiere saam en merkbare kuiltjies mag op die vel verskyn as ’n groeiende gewas die ligament aangetas het.

Lê plat

Regterbors: Plaas ’n kussing onder jou regterskou­er. Plaas jou regterhand onder jou kop. Ondersoek die hele borsarea met die vingertopp­e van jou linkerhand. Gebruik klein sirkels en volg ’n op-en-af patroon. Gebruik ligte, medium en stewige druk oor elke area van die bors. Voel die bors met die oppervlakt­e van die tweede, derde en vierde vingers, beweeg stelselmat­ig en gebruik klein, sirkelbewe­gings vanaf die tepel tot die buitelyne.

Linkerbors: Herhaal hierdie stappe op jou linkerbors deur jou regterhand te gebruik.

In die stort

’n BSO kan maklik gedoen word terwyl jy in die bad of stort is. Sommige vroue ontdek borsmassas wanneer hul vel vogtig is. Lig jou regterarm op. Ondersoek jou regterbors met seperige hande en vingers plat. Gebruik dieselfde klein sirkels en open-af patroon soos vroeër beskryf. Herhaal op die linkerbors.

DIE SYFERS

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Kankerregi­ster (NKR) gee dié statistiek­e van 2012 (mees onlangse syfers):

Altesaam 8 203 is vroue in 2012 met borskanker gediagnose­er. Dit bestaan uit vroue wat in beide die openbare- en private gesondheid­ssektor gediagnose­er is.

Voorts is 212 mans ook met dié siekte gediagnose­er.

Die ouderdomsg­roep waarin die meeste vroue gediagnose­er is, is vroue tusen 50 en 54 (1017). Die aantal vroue in van die ander ouderdomsg­roepe, lyk soos volg: 60 – 64 (972), 55 – 59 (941), 45 – 49 (863), 70 – 74 (736).

Volgens die Kankervere­niging van SuidAfrika (KANSA) het een uit elke 922 mans het ’n risiko om in hul leeftyd kanker te kry, terwyl dit met 1 uit elke 29 vroue kan gebeur.

Daar ’n wanperseps­ie dat jong vroue nie borskanker kan kry nie. Daar is egter baie vroue onder die ouderdom van 40 wat dit ook kry. Alle vroue het ’n risiko om dit te kry, maar jou kanse is groter as dit in jou familie is. Vroue wat nog nooit kinders gekry het nie, of wat kinders ná die ouderdom van 30 gekry het, het ’n verhoogde risiko om borskanker op te doen.

 ??  ?? Patricia van Rooyen is met borskanker gediagnose­er en haar hare het uitgeval van die chemo. Vyf van haar ma se susters is al aan borskanker oorlede.
Patricia van Rooyen is met borskanker gediagnose­er en haar hare het uitgeval van die chemo. Vyf van haar ma se susters is al aan borskanker oorlede.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa