Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Dis net menslik om so elke nou en dan ’n afdag te beleef. Dan voel jy mos die hele wêreld werk saam om te sorg dat net mooi alles in jou lewe verkeerd loop. Ek word glad nie daardie dae gespaar nie, maar gewoonlik kos dit maar min om my gemoed te lig, want ek glo al van kleins af in kosterapie.

Ek is nou maar een van daai mense wat kan eet as ek gelukkig is en as ek ongelukkig is. So, ek het nog nooit verstaan dat mense sê hulle is so ontsteld dat hulle nie kan eet nie! My oorgewig was natuurlik altyd ’n probleem, maar nooit het ek myself ingedink in ’n situasie waar ek nie kón ophou eet nie. Ek dink dis daarom dat die storie van Caden Benjamin (bladsy 12) my so geraak het. Ek geniet dit om te eet, maar as die gewig te veel raak, weet ek ek kan altyd diet. Maar wat van die arme kind wie se siekte veroorsaak dat hy geen beheer daaroor het nie? Ek het net nooit só oor die saak gedink nie!

Dit bring my sommer by die Lewensdram­a (bladsy 14). Roderick Erasmus se storie laat my skaam kry oor my laaste “afdag”toe ek myself bejammer het vir goed wat ek nou nie eens meer kan onthou nie. Wat met hom gebeur het, laat my net besef hoeveel ek eintlik het om voor danbaar te wees!

Laastens, baie dankie aan Maurice Paige wat ons saamgevat het Heidelberg toe! Dit was ’n voorreg!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa