Kuier

Aartappels

-

Pille wou een aand nie vir my verskrikli­ke hoofpyn werk nie toe pak ek aartappel op en die pyn het verdwyn. Nooit gedink ek sal ooit soos ’n outydse tannie met ’n lap om my kop slaap nie. TRACEY LYNN ROUX, BISHOP LAVIS Om ontslae te raak van swartkoppi­es, rasper een rou aartappel en vryf dit aan jou gesig, neus, wange en ken. Los aan vir 15 minute totdat dit droog is en was dan jou gesig. GRANT WESLEY DANIELS, PRETORIA Sit aartappel onder by jou voetenent vir rustelose bene. Dit werk ná ’n paar dae. Ruil aartappel om elke tweede week met ’n vars ene. Of vir knieë wat pyn. Dit het my gehelp! HANI MOORCROFT, DELAREYVIL­LE Sny ’n aartappel in die helfte en smeer dit op die oppervlak van geroeste gereedskap. Die suur in die aartappel sal die roes verwyder sonder dat jy vreeslik moet skrop. ROWENA OHLSON, DURBAN Aartappel het blykbaar antibakter­iese eienskappe wat sal help om klein brandwonde gouer gesond te kry. Die vog sal ook die pyn verlig. Sny in dun repies en smeer aan. ROSALINE MOHAMMEDT, WOODSTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa