Kuier

STEAKHOUSE SPECIAL

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

6 eetlepels olie 3 eetlepels sojasous 6 eetlepels Worcesters­hire-sous 1 eetlepel Dijon-mosterd 1 eetlepel suurlemoen­sap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 eetlepel bruinsuike­r Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 kg beesvleisb­lokkies 16 knopiesamp­ioene 8 klein jongaartap­peltjies met skille gekook tot net gaar en nog ferm, gehalveer 8 piekelgroo­tte uitjies, geskil en gehalveer 8 bamboessto­kkies, vir minstens ’n uur of verkieslik oornag, in water geweek

METODE

Meng die olie, sojasous, Worcesters­hiresous, mosterd, suurlemoen­sap, knoffel, bruinsuike­r en sout en peper saam. Giet die mengsel saam met die vleisblokk­ies en sampioene in ’n glasbak en gebruik jou hande om die marinade deur die vleisblokk­ies en sampioene te werk. Laat staan vir minstens 30 minute by kamertempe­ratuur om te marineer. Ryg die blokkies om die beurt met die aartappel- en uihelftes en die sampioene op elke stokkie. Geur met nog sout en peper en braai oor matige kole tot alkant gaar.

WENK:

Vir die lekkerste happie, kies dik skywe van jou gunsteling-steaksnit, sny dit self of laat dit in blokkies sny.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa