Kuier

SPICY LAMSRIBBET­JIES OP ’N STOKKIE

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

12 lamsribbet­jies, omtrent die grootte van jou duim

Vir die sjoe-sjoe-vryfmengse­l

6 eetlepels klewerige bruinsuike­r 4 eetlepels fyn komyn 4 eetlepels paprika 4 eetlepels growwe sout (nie fyn sout nie) 2 eetlepels varsgemaal­de swartpeper 2 eetlepels rissiepoei­er 1 teelepel rooipeper 1 teelepel fyn foelie (mace) 12 bamboessto­kkies, vir minstens ’n uur of verkieslik oornag, in water geweek

METODE

Meng al die bestanddel­e vir die vryfmengse­l goed saam en bêre in ’n lugdigte flessie. Werk maar baie versigtig en spaarsamig – dis nogal ’n kragtige mengsel. Sprinkel ’n bietjie daarvan oor die ribbetjies en vryf in die vleis in. Laat staan vir 30 minute. Ryg elke ribbetjie op ’n stokkie – steek die stokkie al in die lengte van die been langs deur die vleis. Braai oor matige kole tot mooi deurgaar en die vetjies lekker brosgebraa­i.

WENK:

Indien jy nie foelie in die hande kan kry nie, kan jy dit met ’n gelyke hoeveelhei­d fyn allspice vervang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa