Kuier

MARIE CURIE

-

Die ontdekking van radium in 1898 deur Pierre en Marie Curie, het ons ’n wapen van onskatbare waarde in die oorlog teen kanker gegee. Marie Curie is die eerste vrou wat ’n Nobelprys gewen het en die eerste mens om dit in twee wetenskapp­e te wen.

Wat is kanker?

Kanker is ’n groot groep siektes wat gekenmerk word deur die onbeheerde groei en verspreidi­ng van abnormale selle in die liggaam. Hierdie abnormale selle vorm vinnig en onbeheers. Dit verdring normale weefsels en eis hul bloedtoevo­er en voedsel. Die selle vorm ’n gewas wat geen nut in die liggaam het nie en stukke daarvan breek uiteindeli­k af en versprei deur middel van bloedvate na ander dele van die liggaam.

’n Mammogram is ’n spesiale X-straalonde­rsoek van die bors waardeur kanker, wat so klein is dat jy of ’n dokter dit nie kan voel nie, dikwels opgespoor word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa