Kuier

Wenke vir ouers

-

Ouers moet ’n goeie voorbeeld stel sodat kinders van kleins af leer soetgoed en suiker is ’n bederf.“Dit help nie mens ontneem jou kinders, maar eet self elke aand ’n sjokolade nie!”sê Claudine. Sy raai ouers aan om:

Kinders van kleins af by voedselkeu­ses te betrek.“Moenie streng reëls rondom kos maak nie. Verduideli­k eerder aan jou kind hoe verskillen­de kossoorte jou liggaam beïnvloed.”

Hou gesonde peuselhapp­ies soos vrugte en neute in die huis. En soet lekkernye vir net so een tot twee keer per week.

Vergelyk verskillen­de handelsmer­ke met mekaar en kies die een met die laagste suikerinho­ud.“Kyk na die hoeveelhei­d bygevoegde suiker in die produk. Deel daardie hoeveelhei­d deur 4 – dit gee vir jou die aantal teelepels suiker wat in ’n produk is.”

Vervang die helfte van ’n versoete produk met ’n onversoete produk. “Meng byvoorbeel­d ’n versoete ontbytgraa­n met ’n onversoete ontbytgraa­n.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa