Kuier

ESKOM EN DIE WES-KAAPSE REGERING GEE DIÉ WENKE OM KRAG TE BESPAAR:

-

Die grootte van jou pot wanneer jy kook, moet dieselfde wees as die grootte van die stoof se plaat. Dit kan jou tot 25% op elektrisit­eit spaar terwyl jy kook.

Maak seker die yskas se deur is reg toe wanneer jy iets uithaal.

Probeer om net die water te kook wat jy nodig het, in plaas daarvan om ’n vol ketel te laat kook. Doen al jou strykwerk gelyk. Moenie jou yskas oorlaai nie, dit verlaag die kwaliteit van die kos en gebruik 10 tot 20% meer vir elke ekstra produk.

Gebruik ’n pressure cooker vir kos wat ’n lang tyd neem om gaar te word.

’n Outomaties­e wasmasjien gebruik dieselfde hoeveelhei­d elektrisit­eit vir ’n volle vrag wasgoed as vir ’n enkele item. Wag dus tot wanneer jy ’n groot bondel het voordat jy wasgoed was.

Sit jou yster af as jy onderbreek word terwyl jy klere stryk. Kontak jou plaaslike munisipali­teit indien jy kwalifisee­r vir ’n korting. Kaapse stadsraad se inbelsentr­um: 0860 103 089; Johannesbu­rg-stadsraad: 086 056 2874; Nelson Mandela Bay Metropolit­aanse Munisipali­teit: 041 506 5595.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa