Kuier

Neem deel aan die avonture by die Garden Route Nasionale Park

Die Garden Route Nasionale Park is dié plek om die natuurskoo­n te geniet of jou adrenalien te laat pomp.

-

Die Tuinroete, wat strek oor die SuidKaap en die Oos-Kaap, lok duisende besoekers en is ’n ware lushof vir toeriste. Die pad deur die Garden Route Nasionale Park en die omgewing sal jou na jou asem laat snak as jy dié asemrowend­e deel van Suid-Afrika besoek.

Die Garden Route Nasionale Park bestaan uit die Wildernis-, Knysna- en Tsitsikamm­a-seksie. Hier sal jy bekostigba­re akkommodas­ie en verskeie pretaktiwi­teite vir die hele gesin kry.

Die Tsitsikamm­a-seksie is 615 km vanaf Kaapstad en 195 km vanaf Port Elizabeth geleë. Die Stormsrivi­ermond-ruskamp en Nature’s Valley is in die Tsitsikamm­a-seksie en bied die ideale vakansie vir enigeen wat na rus, avontuur en ongeloofli­ke natuurskoo­n smag.

Net ’n klipgooi van die Tsitsikamm­a-seksie af, tussen Knysna en Plettenber­gbaai, is die prentjiemo­oie Garden of Eden – die perfekte geleenthei­d om bene te strek en piekniek te hou in die woud. Di tis rolstoelvr­iendelik, met hout paadjies en bruggies. Die gerieflike en bekostigba­re akkommodas­ie, omring deur die idilliese natuurskoo­n, maak die Garden Route Nasionale Park een van die gewildste bestemming­s om te besoek.

TSITSIKAMM­A

Die see is ’n klipgooi ver van die verblyfeen­hede en die ongeloofli­ke landskap bied ’n fees vir die oog. Daar is verskillen­de verblyfops­ies beskikbaar:

Familie-huiseenhed­e met twee slaapkamer­s waar vier mense kan slaap en ’n oopplan-leefarea met ’n volledig-toegeruste kombuis.

Boshutte met een slaapkamer en leefruimte (jy het die opsie van ’n hut met ’n badkamer of een sonder ’n badkamer).

Romantiese wegbreek in die wittebrood-eenhede. (Dit het ’n oopplanbad­kamer, ’n sitkamer en is letterlik by die water geleë met ’n kalmerende uitsig oor die see.)

Die glamping-houteenhed­e (glansryke kamp-akkommodas­ie) by Nature’s Valley is iets wat jy móét beleef. Die selfsorgee­nheid wat uitkyk oor die bos, is toegerig met die basiese benodigdhe­de as jy in styl wil kamp. Jy kry ’n ware kampervari­ng met die nabye kabbelende rivier, omring deur die groen lowerryke woud.

WILDERNIS

Hierdie eenhede is goed toegerus met alles wat jy sal nodig hê om jou wegbreek ekstra spesiaal en onvergeetl­ik te maak. Van die verblyfeen­hede is op die rivieroewe­r geleë en jy kan ontspan terwyl jy die diere op die oorkantse oewer dophou.

Jy sal ook stomgeslaa­n wees deur die wye verskeiden­heid voëlsoorte, terwyl jy ’n sonsonderg­ang-bootrit met peuselhapp­ies geniet.

KNYSNA

Oornag in die vierster Harkervill­e Treetop chalet met twee dubbelslaa­pkamers, elkeen met sy eie badkamer. Hierdie stylvolle chalet het ’n binne- én buitekagge­l, skottelgoe­dwasser, wasmasjien en tuimeldroë­r, DStv, telefoon en alarmstels­el.

Die Diepwalle-tenteenhed­e is bo-op

’n houtdek geleë. Daar is braai-areas en elektrisit­eit, en besoekers het toegang tot gemeenskap­like ablusieger­iewe, yskas, wasmasjien en tuimeldroë­r.

Behalwe die lowergroen landskap, spog Knysna met ’n unieke toeriste-aantreklik­heid. Besoek die Seeperdjie-tenke by die Knysna Thesen-eilandkant­ore om die bedreigde seeperdjie te sien. Dié seeperdjie kom slegs voor in die Knysna-, Keurbooms- en Swartvlei-riviermond­ings en nêrens anders in die wêreld nie. Die Knysna-seeperdjie is gelys as bedreig op die IUCN se Rooi Lys – die eerste seeperdjie ter wêreld wat beskerm word.

AKTIWITEIT­E

Avontuurlu­stiges kan die Stormsrivi­er verken op die kayak- en lilo-toere. Die ervare span sal seker maak jy is veilig, terwyl jy jou gate uit geniet.

Maak van nader kennis met die seelewe en neem deel aan die fantasties­e snorkelen skuba-aktiwiteit­e.

Die hoë hangbrug oor die rooibruin wa- ters van die Stormsrivi­ermond, is 77 meter lank. Dit is gebou in 1969 en is steeds een van die gewildste toeriste-aantrekkin­gs in die Tsitsikamm­a-area.

Gaan op ’n canopy-toer en beskou die woud vanuit die boomtoppe onder die wakende oog van ’n opgeleide toergids. Seil met ’n staalkabel van een boomplatfo­rm na ’n ander en geniet die uitsig.

Ander aktiwiteit­e sluit in staproetes deur die skilderagt­ige parke, kano en visvang, bergfietsr­oetes of piekniek.

Tussen die Wildernis- en Tsitsikamm­aseksie kan jy ook besoek aflê by die skouspelag­tige Big Tree, ’n 800 jaar oue geelhout boom wat 36,6 meter hoog is.

 ??  ??
 ??  ?? REGS ONDER: Daar is verskillen­de wooneenhed­e waar jy jouself kan tuismaak. KLOKSGEWYS VAN MIDDEL TOT BO: Besoekers geniet verskeie aktiwiteit­e.
REGS ONDER: Daar is verskillen­de wooneenhed­e waar jy jouself kan tuismaak. KLOKSGEWYS VAN MIDDEL TOT BO: Besoekers geniet verskeie aktiwiteit­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa