Kuier

SWEMDRAG VIR JÓÚ SHAPE

Daar is vir almal ’n plekkie onder die somerson, so maak seker jy kry die perfekte swimsuit vir jou lyf en wees jou awesome self.

- DEUR LAVERN MAARMAN

Peervormig

Jou onderlyf is breër as jou bo-lyf. Jy’s meer curvier om die heupe en boude en kleiner bo soos Beyoncé en Jennifer Lopez. ’n Old school kostuum (met ’n groter broekie of rompie) uit die 50’s is net wat jy nodig het om jou middeltjie te beklemtoon, maar hou dit eenvoudig.

Kyk uit vir: Broekies wat onder die grootste deel van die bobeen val. ’n Rompie sal ook werk. Baie detail vir die bo-stuk, iets soos valletjies wat die oog na bo trek. ’n Besige bostuk met ’n plain onderstuk balanseer ook jou figuur mooi. 1. Swart tweestuk, R119,99 elk, MRP. 2. Swem-top, R250, rompie, R248, Miladys.

Appelvormi­g

Die meeste van jou gewig is om jou middel en heupe. Kyk uit vir: Halterneck­s wat aandag na bo trek. Broekies wat hoog sit, iets wat die meeste van jou maag bedek of eenstukke met ruching wat jou middel verbloem en vorm aan jou lyf gee. 1. Maroon eenstuk, R350, Woolworths. 2. Halterneke­enstuk, R379, H&M.

ATleties

Jy is lank en skraal en jou heupe en skouers is dieselfde breedte. Met hierdie lyf moet jy vir jouself kurwes skep en jy kan soveel vel moontlik wys – soos jou arms of bene.

Kyk uit vir: Met jou lyf kan jy enige swempak onder die son dra – eenstukke, tweestukke of boobtubes. Maar om voller te lyk, kies tweestukke met detail soos valletjies. Side panels of veters aan weerskante van ’n eenstuk kan ook die illusie van kurwes skep. 1. Coral monokini, R179,99, MRP. 2. Swart eenstuk, R199, MRP.

Uurglas

Jou skouers en heupe is ewe breed, maar jy het ’n smal middellyf. Jy moet definitief jou kurwes beklemtoon. Die geheim is om aandag na jou middellyf te trek sodat jou kurwes uitstaan.

Kyk uit vir: Bikini’s is die perfekte kostuum om jou uurglasfig­uur te wys. As jy wel ’n eenstuk verkies, moet dit lyne of patrone het wat jou vorm beklemtoon en vlei. 1. Eenstuk, R340, Woolworths. 2. Bostuk, R179,99, broekie, R79,99, MRP.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa