Kuier

SEEKOS-RAVIOLI

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

2 eetlepels botter ½ ui fyngekap 1 teelepel vars knoffel 1 koppie seekosmeng­sel ontvries 2 eetlepels gekapte pietersiel­ie ½ koppie roomkaas 1 teelepel sout Knippie varsgemaal­de swartpeper Beslag pastadeeg (sien resep onder)

Pastadeeg

2 eiers teen kamertempe­ratuur 200 g koekmeel

METODE

Soteer die ui en knoffel in botter tot sag. Voeg die seekos en pietersiel­ie by en braai tot gaar en droog. Skep uit en laat heeltemal afkoel. Meng die roomkaas met die sout en peper. Voeg die afgekoelde seekos daarby en roer deur.

Pastadeeg: Gooi die meel in ’n mengbak en maak ’n holte in die middel. Klits die ei- ers liggies met ’n vurk en gooi in die holte. Werk die eier geleidelik by die meel in met behulp van ’n vurk. Keer dan die deeg uit op ’n skoon werkopperv­lak en werk tot die deeg bymekaarko­m. Knie vir 5 minute, draai toe in kleefplast­iek en laat rus vir 30 minute. Verdeel die deeg in 2 ewe groot stukke. Rol albei stukke op ’n meelbestro­oide oppervlak tot ’n dikte van 1 – 2 mm. Skep lepelsvol van die vulsel, 5 cm uit mekaar uit. Verf die oop gedeeltes tussen die vulsel met ’n nat kwassie. Plaas die ander stuk uitgerolde deeg bo-op. Maak seker alle oortollige lug tussenin is uit. Vorm soos pasteitjie­s en druk uit met ’n glas of koekiedruk­ker. Laat ’n rant van omtrent 1 cm reg rondom. Druk die rante stewig vas met ’n vurk. Pak op ’n meelbestro­oide skinkbord en laat rus vir so 15 minute. Verhit genoeg water in ’n dieperige kastrol. Voeg 1 eetlepel sout by die water. Dompel ’n paar ravioli’s op ’n slag in die water en kook vir 1 – 2 minute. Skep uit met gaatjiesle­pel, plaas op bord en bedruip met olyfolie. Bedien dadelik met ’n tamatiesou­s of -smoor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa