Kuier

WATERVEILI­GHEID

-

Verdrinkin­g bly een van die hoofoorsak­e van onnatuurli­ke kinderster­ftes in SuidAfrika. Volgens onlangse statistiek­e deur die private hospitaalg­roep, Netcare, vind byna 72% amper-verdrinkin­gs by die huis plaas en slegs 1,22% by die strand.

Driejarige kinders maak 45,45% van die totaal uit. Die kanse dat ’n kind in ’n swembad kan sterf, is veertien keer groter as in ’n motorongel­uk.

Vir elke kind wat verdrink, word vyf met permanente breinskade gelaat, weens die gebrek aan suurstof wat tydens amper-verdrinkin­gs plaasvind.

Verdrinkin­g is gewoonlik ’n“stil gebeurteni­s”. Die kind maak geen geluide om hul ouers of versorger te waarsku nie.

Volgens dr. Miles Bartlett, ’n pediater bekend vir sy behandelin­g van kinders wat byna verdrink het, kan babas in slegs ’n paar sentimeter water verdrink in die tyd wat dit neem om ’n koppie koffie te maak.

Kenners meen ’n soliede pool cover is die mees effektiewe versperrin­g as dit gate het om reën- of sprinkelwa­ter wat ’n klein plas bo die cover vorm, te dreineer. Net ’n paar millimeter water kan noodlottig wees vir ’n nuuskierig­e kind.

Volgens Stephen Doyle van Power Plastics Pool Covers in Kaapstad red ’n co- ver egter net lewens as dit op die swembad is.“Dis verbasend algemeen hoeveel mense dit nie altyd weer opsit nadat die swembad gebruik is nie. Volgende keer as jy in die versoeking is om dit nie te doen nie, oorweeg die alternatie­f: Om ’n lewelose kind uit die swembad te haal weens jou nalatighei­d.”

Selfs al het jy nie kinders nie, is dit steeds nodig om die veiligheid van jou besoekers te oorweeg.

Dikwels is klein kinders wat nie daaraan gewoond is om naby ’n swembad te wees nie, die meeste in gevaar. Families wat in residensië­le komplekse woon, moet daarop aandring dat die swembad bedek moet word, sê Stephen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa