Kuier

’N GESONDE MOND

-

Daar is geen sigbare plaak op jou tande nie.

Tandvleis moet ferm en ligpienk wees met geen bloeding of swelling. Geen tandverrot­ting. Tong moet ligpienk wees, met geen verkleurde lagie.

Vars asem. As jy gereeld slegte asem het, kan dit ’n teken wees van ’n dentaleof gesondheid­sprobleem.

Vlos ten minste drie tot vier keer per week.

Gebruik ’n antibakter­iese mondspoel om die hoeveelhei­d bakterieë wat stink asem en tandvleiss­iektes kan veroorsaak, in jou mond te verminder.

Borsel jou tong en binnekant van jou wange met ’n tongskrape­r.

Kou suikervrye kougom om spoegvloei in jou mond aan te moedig.

Vervang jou tandeborse­l elke drie maande. (Bakterieë groei op jou tandeborse­l ook.) Vervang dadelik jou tandeborse­l as jy verkoue gehad het.

As jy mondappara­te soos byvoorbeel­d valstande het, maak seker jy maak dit daagliks skoon en moenie snags daarmee slaap nie.

Wanneer jy jou tande borsel, draai jou borsel teen ’n 45° hoek teen die tandvleisl­yn en vee of rol die tandeborse­l weg van die tandvleisl­yn.

Borsel saggies aan die buitekant, binnekant en die kou-oppervlakt­e van elke tand deur kort vorentoe-en-agtertoe hale.

Borsel jou tong saggies om bakterieë te verwyder en jou asem te verfris.

’n Appel ’n dag laat jou mooier lag. Appels maak jou tandvleis gesonder en jou tande skoner.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa