Kuier

FACEBOOK

-

’n Oos-Kaapse ma het die nuus gehaal toe sy drie mans wat glo haar dogter verkrag het, met ’n voorwerp gesteek het. Die aanklagte teen haar is teruggetre­k. Wat sou jy doen as dit jy was?

Dis reg dat hulle die saak teruggetre­k het. Sy het immers haar dogter gehelp en watter ouer sou sy gewees het as sy niks gedoen het nie. Ek voel dis reg. Ek sou hulle self seergemaak het as hulle aan my kind geraak het. Ek voel dat sy haar liefde ten volle wys teenoor haar kind. Ons as ouers beskerm ons kinders maak nie saak wat nie. Ek haal my hoed af vir hierdie moeder. MARISHA ANTHEA JACOBS, PAARL

Het na haar geluister op Carte Blanche. Wow, ek weet ook ek sou iets aan daai mans gedoen het. Ek is net bly dat die staat haar vrylaat. Alhoewel sy en haar dogter nooit vry van die daai aand sal wees nie en dit is hartseer. Een goeie ding wat hier uitkom, is hoe Suid-Afrika uitgereik het na die familie. Die vrou is in my oë ’n held en waarvoor moeders staan. Hoop haar al die vrede en liefde in die wêreld toe. JENNY VAN STAADEN, PE

Ek dink ek sou seker dieselfde gedoen het. Die letsels wat gaan agterbly gaan ’n nagmerrie wees – besides deesdae kry die verkragter­s bail van R500. MERALYN OLIFANT, BISHOP LAVIS

Ek sou al drie vrek gesteek het as hulle dit aan my dogters moes gedoen het. DEIDRE DIDIE BROWN MICHAELS, MOSSELBAAI

Enige ouer wat hul sout werd is, sal enigiets doen om hul kinders te beskerm. So ja, dis absoluut wonderlik dat die saak teruggetre­k is en sy verdien meer as ’n medalje vir dapperheid. MERLE ABRAHAMS, KAAPSTAD

As ’n moeder is mens tot enigiets in staat, veral as dit kom by jou geliefdes. Ek sal enigiets doen om my kinders te beskerm en veral met die aantal verkragtin­gs. Soos dit nou gaan, is dit erg. Hulle kry bail, gaan tronk toe en kom uit en doen dit weer. Wat moet mens dan doen? Daardie kind sit met daardie innerlike wond vir die res van hul lewe en sal dit nooit vergeet nie. At least het daardie ma iets gedoen en wat daardie kind gaan onthou is dat haar ma iets daaraan gedoen het. RAYLENE JACOBS, KAAPSTAD

Sy het gedoen wat sy moes. Haar moederlike instink het ingeskop ongeag die gevolge. Sy was brave, het glad nie aan die gevaar vir haarself gedink nie. Ek salute haar. LOUISE MCTHOMAS, KAAPSTAD

’n Video wat wys hoe sekuriteit­sbeamptes ’n vrou voor haar huilende driejarige kind in ’n winkel in boeie sit, het opslae gemaak op sosiale media. Die vrou se kind het glo ’n nood gehad en haarself buite die winkel probeer verlig waarna die sekuriteit­sbeamptes die ma gekonfront­eer het. Wat dink jy oor hoe die situasie hanteer is?

Dis uiters slegte optrede. Die winkel se bestuur skuld die stomme vrou ’n groot verskoning en meer. En jaag daai simpel security weg. Hy is useless. MARILYN MORGENROTH, REHOBOTH BEACH

Hoekom doen hulle nie iets aan die booswigte wat so op die winkel se stoepe staan en loaf en oumense intimideer nie? Skollies loop verby hulle en rob die mense. Dié winkelgroe­p se sekuriteit is swak! NICOLEEN WYNGAARD, STRAND

Ek is van Gauteng en hier is toilette by winkelsent­rums. Ek het Kaapstad besoek en wou ook ’n toilet gebruik. Tot my skok moes ek uitvind dat daar is geen toilette by hul winkelsent­rums vir kliënte nie. Het ’n straat gesoek en is toe na ’n polisiekan­toor.

Moes hulle vra vir ’n toilet en straataanw­ysings. Daar het hulle my meegedeel dat daar nêrens openbare toilette is nie. STELLA ELAGRAB, VANDERBIJL­PARK

Dis wreed. Die security het heeltemal verkeerd opgetree en dis mans wat haar ook vasdruk. Waar is die vrou-security? Dié winkel het nooit toilets vir hul customers nie. SURICA MARISCA, EERSTERIVI­ER

Hartelose mense. Daardie sekuriteit­sbeamptes het seker nie kinders nie. Ek het ook ’n dogtertjie van drie en probeer myself voorstel wat as dit met my moes gebeur. AMRIN LOUETTE LINDEWAL, KAAPSTAD

Nood is nood en hoe sê ’n mens vir ’n driejarige hy of sy kan nie nou hul nood verlig nie? Hulle wil dan nie hê ’n mens moet hulle toilet gebruik nie. Dit lyk dan asof die vrou gesteel het. Watter traumaties­e ervaring was dit nie vir ma en kind nie. MARION THERON, WORCESTER

Ek sou hulle in street justice laat slaan het deur 10 frustrated mammas. Ons is fed up van altyd die victims moet wees. CHERYL GORDON, KAAPSTAD

Optrede wreed, onaanvaarb­aar en geen menslikhei­d nie. Hoe moet daai ma voel en hoe traumaties moes dit nie vir die arme kind wees nie? Ons moet nooit ons menslikhei­d teen ons naaste vergeet nie. KAREN SAMPSON, GEORGE

Ek vererg my sommer vir sulke varke. ONKUNDIG! Joh, ek kan my indink hoe daai vrou moet voel en wat nog te sê van die meisiekind. MAGNOLIA ENGELBRECH­T, EENDEKUIL

Ek moet sê dat ek al by verskeie van hierdie winkels ook werkers genader met my kleinkind wat ’n nood gehad het en was telkemale gehelp. Dis baie jammer dat dit gebeur het. Die ouer kon hulle genader het. Mens se gesindheid moet ook reg wees. WILHELMINA COOK, KAAPSTAD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa