Kuier

SY FAMILIE SE EIE MODEKENNER

-

Stellenbos­ch se JOSEPH SEPTEM

BER (66) is ’n unieke man. Op nege het hy by die dood omgedraai nadat hy met meningitis gediagnose­er is. Hy was vir ’n jaar in afsonderin­g in die hospitaal en die helfte daarvan kan hy nie onthou nie.

“Die dokters het hoop opgegee dat ek dit sal deurmaak, soos my ma gesê het,” vertel hy.

Ná ses maande het hy een nag skielik wakker geword en begin sing. Geskokte verpleegpe­rsoneel was vas oortuig hy was besig om te sterf en het dadelik die dokters geroep.

Hy kan onthou“dit was die eerste keer in maande dat ek lig gesien het, geweet het waar ek was”.

Hulle was seker dat hy breinskade opgedoen het. Almal was stomgeslaa­n toe hulle hom toets nadat hy wakker geword het en hy steeds kon lees en wiskunde doen.

“Ek onthou die eerste woord wat ek gelees het, was‘aap!”lag Joseph. Sy ma het daarna daarop aangedring dat hulle sy hande ook toets deur hom te laat brei (dit was een van sy gunsteling­tydverdryw­e).

Hy kon! Hy brei tot vandag toe nog al sy eie truie met die hand. Onlangs het hy ’n breikompet­isie in die Paarl gewen, waar hy teen ’n klomp vroue deelgeneem het. Hy het 193 rye in ’n uur gebrei en die naaswenner net 97.

Omdat hy alleen in ’n kamer was (sy siekte was hoogs aansteekli­k), het hy gou eensaam, alleen en baie verveeld geraak. Dis hier wat hy begin het om klere te maak – sommer met die hand – vir ander pasiënte in die hospitaal. Dít was die begin van die res van sy lewe!

“Ek het altyd ’n voorliefde gehad vir naaldwerk,” vertel Joseph.“Ek het van kleins af al my eie knope aangewerk.”

Naaldwerk was nog altyd sy grootste passie.

“Dis ’n gawe wat die Here vir my gegee het,”sê John beskeie.

En hoe voel sy susters, vrou en dogters dat hý die modekenner in die familie is?

“Ek is altyd die een wat die knope moet aanwerk – elke naaldwerkd­ing. Hulle baklei skoons as ek dit nie vir hulle wil doen nie! Hulle kan so lastig raak,”lag hy.

Joseph het nooit ’n kursus gedoen nie en niemand het hom ooit geleer nie. Hy het sy eerste trourok op 17 ontwerp en gemaak“op een van daai masjiene wat jy nog so moes slingerdra­ai”en vandag het hy al meer as 102 trourokke gemaak.

Onlangs het hy ook sy vrou, Georgina, se 60ste verjaardag­rok gemaak en al die dekor vir die partytjie self gedoen. Mense kon nie glo dis sý handewerk nie!

Sy hande staan vir niks verkeerd nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa