Kuier

Antwoorde gegee

-

Om ontslae te raak van donker merke onder jou arm, vryf ’n dun snytjie aartappel onder jou arms twee keer elke dag. Jy kan ook die aartappel rasper en die sap daarvan vir so 20 minute aan jou onderarm los. Komkommer werk dieselfde.

LIZILL HARPER, KRAAIFONTE­IN

Gebruik vars coconut water vir katarakte. Drup ’n paar druppels in jou oog en lê op jou rug met ’n warm, klam waslap oor jou oë en los vir so 10 minute.

HADJI WALKER, VANGUARD ESTATE

Vir split ends maak ek vir my hare ’n masker met papaja. Haal die pitte uit en meng ’n halwe papaja met ’n halwe koppie plain jogurt tot dit ’n gladde

mengsel is. Smeer dit aan jou hare en los vir 30 minute aan. Was dan met jou gewone sjampoe. Ek doen dit een keer elke twee weke.

EUODIA FEBRUARY, PAROW

My kruie-antie sê dis baie belangrik om 100% suiwer heksaanvry­e kasterolie te gebruik vir jou katarakte. Gebruik ’n eye dropper en drup net een druppel elke aand voor slaaptyd in jou oog. Dit werk amper dadelik.

BIANCA SWANSON,MALMESBURY

Gebruik heuning vir gesonde, sagte hare. Meng twee eetlepels met vier koppies warm water. Sjampoe jou hare en spoel dit met die mengsel af.

LEE-ANN DANIELS, SPRINGBOK

Vrywaring: Kuier het al die wenke van lesers ontvang en aanvaar geen aanspreekl­ikheid daarvoor nie. Gebruik op eie risiko.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa