Kuier

VOORBLADST­ORIE:

Deesdae vertolk sy rolle in internasio­nale shows, maar is nog lank nie klaar gedroom nie!

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Kim Engelbrech­t gesels oor haar rol in groot show

Van die eerste oomblik dat die aktrise Kim Engelbrech­t haar verskyning op die kassie gemaak het, was daar net “iets” omtrent haar. Ja, dat haar treffende skoonheid amper intimidere­nd is, het daartoe bygedra, maar dis wanneer jy in haar groen oë kyk en sien hoe dit ophelder wanneer sy oor haar werk praat, dat jy besef haar sukses is geen toeval nie. Kim laat dit sélf gebeur.

Dít het ons nou weer gesien toe Kim in Julie vanjaar die goeie nuus gekry het dat sy in die internasio­nale trefferree­ks The

Flash se vierde seisoen gaan speel, wat 10 Oktober oorsee begin wys het. (Daar is egter nog geen aanduiding of en wanneer ons hierdie seisoen in Suid-Afrika gaan kan kyk nie. Maar ons hou duim vas!)

In The Flash vertolk Kim die rol van The Mechanic, ’n hoogs intelligen­te ingenieur wat saam met die karakter The Thinker werk en basies enigiets bou waaraan hy kan dink. The Thinker word vertolk deur niemand anders as Neil Sandilands (voorheen Bart van 7de Laan).

Die laaste keer toe Kuier vir Kim op die voorblad gehad het, was twee jaar gelede toe sy die rol van Noma in die Amerikaans­e sci-fi-reeks Dominion losgeslaan het. Ons moes toe noodgedwon­ge ’n telefonies­e onderhoud doen omdat Kim toe ’n blaaskans in Hawaii geneem het. Hierdie keer was ons tydsbereke­ning perfek, want Kim kon Kuier vir ’n vinnige voorbladfo­to- sessie en onderhoud in die Kaap in haar besige skedule inpas toe sy in Oktober vinnig ’n draai by die huis kom maak het.

Sy het ’n paar dae ná die shoot teruggevli­eg Kanada toe waar The Flash verfilm word. Sy is vir eers tussen Suid-Afrika en Kanada en vlieg soontoe soos wat sy opgeroep word vir tonele.

Met haar kenmerkend­e dimple-glimlag, sê Kim borrelend:“Dis baie koud nou daar. Ek wens net ek kan langer bly ’n slag sodat ek kan gaan ski. Kanada is ’n groot land en het ’n Kaapse gevoel aan dit. Ek het nie baie nodig om (oorsee) te oorleef nie. Ek is op my eie en kan doen wat ek wil. Dis net my familie, vir wie ek baie lief is, wat my hier hou. Dis verfrissen­d om na ’n ander land te vlieg om jou werk te gaan doen!”

Plaaslike media het vroeër vanjaar mal gegaan toe die nuus breek dat nóg

Ek kyk nou na ou artikels waarin ek praat van Hollywood toe gaan en ek besef opnuut jy spreek lewe in jou drome.

’n Suid-Afrikaner, hierdie keer ons eie Kim vannie Belhar, voortbou op haar internasio­nale sukses. Die gelukwensi­ngs vir Kim se aansluitin­g by The Flash het ook ingestroom op sosiale media. Saam met groot name soos Trevor Noah, Charlize Theron, Lesley-Ann Brandt (ook ’n Kaapse meisie), Pearl Thusi en Wayde van Niekerk swaai Kim die Suid-Afrikaanse vlag hoog in die internasio­nale arena. Hulle wys plaaslike talent kan met die bestes in die wêreld meeding. Moenie bang wees nie Maar meer as enigiets wys dié meisie van Belhar in die Kaap die enigste beperkinge wat daar op jou drome is, is dié wat jy self daarop plaas. Hoe hoog jy vlieg, gaan van jouself afhang en jy moenie bang wees vir die grootheid van jou drome nie. Want as sy bang was vir haar drome om dit in Hollywood of die internasio­nale akteursbed­ryf oor die algemeen te maak, sou ons nie nou hierdie storie kon vertel nie. “Ek kyk nou na ou artikels waarin ek praat van Hollywood toe gaan en ek besef opnuut jy spreek lewe in jou drome. Ek het ook langs die pad ’n kopskuif gemaak en myself (as aktrise) ernstiger begin opneem. Ek het besluit ek gaan alles moontlik doen om daai Hollywoodd­room te bewaarheid,”sê Kim. Maar Kim doen niks sonder deeglike beplanning nie en het geweet om haar internasio­nale droom te bewaarheid, het sy ’n plan van aksie nodig en mense nodig om haar te help. Daarom dat sy mense soos Roddy Quin, haar bestuurder van die afgelope 12 jaar, toelaat om haar klankbord te wees en haar te lei toe sy ’n paar jaar gelede haar Hollywood-droom voluit begin najaag het. “Ek en Roddy het Amerika toe gegaan waar ek ’n Amerikaans­e agent en prokureur gekry het net sodat ek Amerikaans­e verteenwoo­rdiging ook het. Roddy is my klankbord; hy is uitstekend. Ek wil wonderlike dinge vermag – vir myself en vir hom ook,”sê Kim vol waardering en respek.

Wat ons nou sien, is die resultaat van haar deursettin­gsvermoë om internasio­naal suksesvol te wees, maar dit het nie met die klap van haar vingers gekom nie.

Kim moes soos enige ander aktrise oudisie ná oudisie doen voor sy met Dominion ’n groot deurbraak gemaak het. En toe gebeur The Flash waarvoor sy haar oudisie op video opgeneem en so na die vervaardig­ers gestuur het.

Sy glimlag van oor tot oor wanneer sy oor hierdie groot gebeurteni­s in haar loopbaan praat.

“Ek het nooit gedink ek sal die rol kry nie! Met my eerste dag op The Flash se stel het ek probeer om nie oorweldig te wees nie. Maar die reeks is gróót! Nie net op TV nie, maar so ook die strokiespr­ent. In seisoen vier is dit Barry, The Flash, die vinnigste man wat teen The Thinker, die man wat die vinnigste dink te staan kom. En my karakter, The Mechanic, is ’n probleemop­losser vir The Thinker. Sy sal enigiets moontlik doen om hom te help,”vertel Kim opgewonde.

Sy lag wanneer sy sê The Flash se skrywers is baie geheimsinn­ig en sy weet gewoonlik nie eens wat in haar volgende toneel gebeur nie! Maar selfs al weet sy nie hoe haar storielyn gaan uitdraai en hoe lank sy deel van The

Flash se algehele storielyn gaan wees nie, is Kim nie bekommerd nie, want sy besef sy is nooit groter as die storie nie.

“Ek dien ’n storie en ’n karakter. En ek weet wat ookal met my karakter gebeur, dis deel van die skrywers se plan om die storie ongeloofli­k te maak,”voeg Kim passievol by.

En indien enigeen gewonder het, haar familie is baie trots op haar al is hulle al gewoond aan haar sukses.

Haar oë blink nog meer wanneer sy vertel sy was by haar suster, Jo-Dee Buttler, se huis toe sy die oproep kry dat sy die rol in The Flash gekry het.

“Ek het net so baie respek vir my suster en dit was lekker om hierdie oomblik met haar en my familie te deel. Ek geniet dit ook so om by die huis te kom kuier en ek maak seker ek vang al die stories op! Dalk moet ons as ’n klein groep oorsee gaan – dalk met my ma, susters, hul kinders, ’n paar vriende, Roddy, sy vrou en seun. Wag, ek dink dit gaan ’n groot groep wees!”lag Kim.

Kim mag dalk nou“internasio­nale aktrise”agter haar naam kan skryf, maar sy is steeds dieselfde Kim wat ons destyds met haar Isidingo- dae leer ken het. Ja, as mens en aktrise het sy sedert haar eerste

Kuier- voorblad in 2010 met rasse skrede gegroei, maar sy het beslis nie haar wortels vergeet nie. Ons kry ook nie die indruk dat haar sukses enigsins na haar kop toe gaan nie, omdat sy altyd besef,“ek het ’n werk om te doen en ek is nooit groter as die werk nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa