Kuier

HIP-HOP-ANTIES:

Vir hierdie anties van die Kaap kan jy net mooi niks van ritme vertel nie. Ouderdom is net ’n syfer en hulle weet hoe om dit in style uit te kap!

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

Kaapse vroue verteenwoo­rdig SA oorsee met hul dans moves

Jy sal nie sommer ’n ma, ouma of antie vir ’n hip-hop-danser aankyk nie. Veral nie as jy daaraan dink dat dié dansvorm gewoonlik geassosiee­r word met rap, baie bling, oversized klere en oordrewe bewegings waarin die liggaam in allerhande snaakse posisies gemanipule­er word nie. Maar die Funky Culture-dansgroep van Kaapstad laat hulle nie deur ouderdom of stereotipe­s terughou nie!

As jy Megan Moolman (33), Samantha Mulligan (38), Levona Johnson (45), Helga Martin (49), Ivy Meyer (54) en Marlene Cupido (60) in die straat sien, lyk hulle soos gewone ma’s met ’n 9 – 5-werk.

Megan, Marlene en Helga is onderwyser­s, Samantha is ’n eiendomsag­ent, Levona is ’n fisioterap­eut en Ivy ’n uitvoerend­e hoofbeampt­e van ’n mediese en chirurgie-maatskappy.

Maar looks can be deceiving, want wanneer Funky Culture op die dansvloer is, kan jy dié groep niks van popping, locking of break dancing vertel nie! Vat die wêreld aan Die groep van ses mag dalk tussen 33 en 60 wees, maar dié ma’s het Suid-Afrika op 19 Oktober in Nederland by die wêreldkamp­ioenskappe vir hip-hop-dansers in die senior kategorie verteenwoo­rdig. (Die onderhoud is voor hul vertrek gedoen.)

Hulle kan nog self nie glo dat hulle vir die wêreldkamp­ioenskappe gekwalifis­eer het nie veral omdat hulle nog net sewe maande saam dans en sommige van hulle geen formele opleiding het nie.

Ivy van Plumstead in Kaapstad, wat al vir meer as 35 jaar dansklasse aanbied en ook haar eie dansskool, Out of Africa, het, is die afrigter. Sy begin lekker lag wanneer sy vertel hoe die dansgroep begin het. Funky Culture se lede het almal kinders tussen twee en 32 wat Ivy se dansskool bywoon en hulle het daar ontmoet. Maar toe die ma’s meer as die kinders tydens klasse begin raas, het Ivy vinnig ’n plan gemaak om hulle stil te hou.

“Ons het nog nooit ’n senior span gehad nie en toe ek ’n manier soek om die ouers stil te hou, het ek geweet dit sal perfek werk,”vertel sy.

“Dit was ’n goeie manier om die ouers besig te hou terwyl die kinders oefen, maar dit moedig ook veral die jonger kinders aan om te dans. Hulle sien as mamma dit kan doen, kan ek ook. Ons ouer kinders, die beste dansers in die dansskool, is baie bekend en neem elke jaar internasio­naal deel, maar hierdie jaar is óns jaar,”voeg Ivy trots by.

“Hulle het vanjaar aan minder kompetisie­s deelgeneem en meer van hul tyd daaraan spandeer om die senior span te help voorberei vir kompetisie­s. Ek het nie besef hoeveel tyd en opoffering dit gaan vat toe ek die senior span begin het nie. Ons het nie die groep begin met die idee

om profession­eel deel te neem nie, maar toe ons die eerste streekskom­petisie wen, was ons verbaas en wou ons sien hoe ver ons dit kan vat,”sê Ivy.

Volgens Megan, die jongste lid in die groep, sal hulle die eerste senior Suid-Afrikaanse dansspan wees wat teen die wêreld se bestes gaan meeding.

Jabbawocke­ez, ’n bekende Amerikaans­e dansgroep neem elke jaar deel en jy hoef net hul dansvideo’s op YouTube te gaan kyk om te sien watter tipe talent aan hierdie wêreldkamp­ioenskap deelneem.

Daarom is dit vir Megan opwindend om deel te wees van die span en sy voel baie trots.

“Dis spesiaal en dis lekker dat ons die ondersteun­ing van die A-span het wat hierdie jaar nie by die wêreldkamp­ioenskappe gaan deelneem nie, maar steeds dit gaan bywoon om vir ons te skree. Ek kan nogsteeds nie glo dat ons dit so ver gemaak het nie!”sê Megan opgewonde.

Oud, maar nie koud

Op 60 is Marlene die oudste lid van die groep en sê haar kinders en kleinkinde­rs dink dit is baie cool dat sy hip-hop doen. Sy vertel skaam haar familie het aan die begin baie die gek geskeer, maar nou wil hulle net hê sy moet vir hul vriende dans. Want al het hierdie ouma van twee ’n nekbeserin­g en artritis, doen sy bewegings waar sy op haar kop balanseer met haar bene in die lig.

“Aan die begin was dit ’n groot aanpassing vir my liggaam en was my spiere baie seer, maar nou het ek minder pyn en het die dansklasse my baie gehelp. Hier is ook baie van die dames wat gewig verloor het en dit help ons om fiks te bly terwyl ons pret het,”sê Marlene.

Vir Samantha, Helga en Levona is hierdie ook ’n lekker ervaring, want hulle word ook nou gevra om vir hul vriende en kollegas ’n paar moves te wys!

Dit is nie altyd maklik nie en hulle almal moet baie familietyd, werktyd en finansieel opoffering­s maak. Maar Funky Culture meen dis die moeite werd, want wie sou ooit kon dink dat drie onderwyser­s, ’n fisioterap­eut, ’n eiendomsag­ent en hoofuitvoe­rende beampte op wêreldvlak kan deelneem vir ’n gesogte danstitel? Hulle is dalk ouer, maar beslis nie kouer nie en

het die moves om dit te bewys!

LINKS: Die hip-hop-groep Funky Culture wys hulle het die moves om Suid-Afrika te verteenwoo­rdig. Funky Culture se lede is van links Ivy Meyer (54), Levona Johnson (45), Samantha Mulligan (38), Marlene Cupido (60), Megan Moolman (33) en Helga Martin (49).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa