Kuier

ENTREPRENE­UR:

Hy het sy Facebookbl­ad in ’n besigheid verander, represent sy mense met trots en droom van meer!

- DEUR ELMARINE ANTHONY

Vannie Kaap omskep Facebook-blad in besigheid

as jy baie op sosiale media soos Facebook uithang en mal is oor alles

Kaaps, is die kanse groot dat jy al Vannie Kaap se skreeusnaa­kse Afrikaapse memes (humoristie­se teks en beelde op die internet) gesien het. Hierdie memes is gewoonlik op ’n helder turkooiskl­eurige agtergrond en behoorlik in your face. Jy kan dit nie miskyk óf jou lag inhou nie, al probeer jy ook.

Hoe dan anders met memes soos“Djy skuld my nog geld ma djy vriet by Spur elke weekend. What kind?”of“My Colored accent doesn’t define my intellect, it celebrates my culture. I’m not changing it for you or any other moegoe that’s just being judgerag.” Blad is ’n hit Hierdie is maar net ’n paar van Vannie Kaap se hordes memes wat sinoniem met veral die Afrikaapse kultuur geword het en soveel aanklank gevind het dat sy Facebookbl­ad 240 750 likes sterk is en nou gegroei het tot ’n formele besigheid. Jy kry nou ook Vannie Kaap merchandis­e soos“tsek”koppies,“awê”-keppies of T-shirts met die woorde“Don’t koppel feelings”daarop.

Wat begin het as ’n Facebook-blad omdat hy trots was oor waarvandaa­n hy kom, is vandag een van die bekendste handelsmer­ke in die Wes-Kaap. Dis ook ’n besigheid wat binne sy eerste jaar van formeel besigheid doen, ’n verwagte omset van R1 miljoen gaan lewer. Glad nie sleg vir ’n outjie van die Manenberg op die Kaapse Vlakte nie.

Maar ons het nog nooit gesien wie is die brein ágter die Vannie Kaap-handelsmer­k nie. En dis sousies vir ons, want as dit van hom afhang, gaan ons nooit weet nie.

Nie eens sy ma of sy vriende wat die Vannie Kaap-blad volg, ken die skepper van Vannie Kaap se ware identiteit nie.

Maar ons weet darem vir seker hy is ’n man, want Kuier het ’n telefonies­e onderhoud met hom gedoen en kan nou ten minste ’n stem by die handelsmer­k plaas. En ons kon nie vir hóm bel nie, hy het óns gebel. So, ons noem hom net Vannie Kaap.

Vir Vannie Kaap (34) is wat hy wil bereik met die handelsmer­k, belangrike­r as om beroemd te wees.“Die fokus is op kwessies wat ons affekteer. My liewe Kaapse Vlakte, die toestand waarin dit is en hoe ek dit beter kan maak. En wat aangaan met die Kaapse bruinmense is belangrike­r as (om te weet)‘wie is dié bra?’Dit haal weg van wat die blad is,”verduideli­k Vannie Kaap sy keuse om anoniem te bly. Maar hoe en waar het alles begin? Toe Vannie Kaap in 2015 die Facebookbl­ad“I come from Manenberg and I’m proud of it”begin het, het hy nie verwag dit sou in ’n besigheid groei nie. Hy het dié gemeenskap­sblad as ’n stokperdji­e gestig om hom en ander inwoners te help“connect”met die plek waar hulle bly.

Mense van regoor die Kaapse Vlakte het ook by die groep aangesluit, toe besluit hy om die naam te verander na“Cape Flats and proud of it”. En net soos met die ander twee bladsye, was dit nie nét mense van die Kaapse Vlakte wat aangesluit het nie. Toe stig hy die Vannie Kaap-blad.

Die blad was nie meer net sodat mense oor hul agtergrond­e kon reflekteer nie. Vannie Kaap het baie memes en veral kantoor-memes gepost. Die memes, wat in Afrikaaps is, is gebaseer op sy ervarings, dinge wat in sy verlede gebeur het en wat relevant in die nuus is. Die meeste van die memes is oorspronkl­ik en ander is algemene sêgoed wat gereeld op die Kaapse Vlakte gehoor kan word soos“dala what you must”en“don’t koppel feelings”.

Vannie Kaap is ’n geregistre­erde besigheid en van sy memes is ook as handelsmer­ke geregistre­er, wat beteken jy kan dit nie gebruik en dit as jou eie voorgee nie.

En nee, hy is nie bang hy sal eendag wakker word en nie meer aan nóg memes kan dink nie.“Ek dink ’n sin vir humor is ’n sin van self. So lank as wat ek ek is, hoe kan ek bang wees ek sal uit idees wees om te express wie ek is.”

Vannie Kaap is baie trots op sy taal en erfenis, dus mik hy om die Kaapse bruin kultuur te bevorder, maar ook om mense daaroor op te voed. Die blad het vinnig gegroei en hy het besef as hy dit tot ’n volhoubare vlak groei, kan hy geld daaruit maak. Hy het egter gewag vir die regte tyd om die blad in ’n besigheid te omskep.

“Baie mense probeer te vinnig geld maak en dan werk dit nie uit nie. Ek wou

net aanhou die blad laat groei. Hoe meer ek gepost het, hoe meer mense geshare het, hoe meer mense het by die blad aangesluit.”Volgens hom kan die sukses van die handelsmer­k toegeskryf word aan die feit dat wat hy sê, relevant is.

“Ons gebruik humor doelbewus en wat ons sê is relevant.”

In November verlede jaar het Vannie Kaap begin om goedere soos koppies en T-shirts met sy memes daarop vanaf ’n aanlynwink­el te verkoop. Binne die eerste paar maande kon hy al projekteer dat die eerste jaar se omset meer as R1 miljoen gaan wees. Met besigheid wat só goed vorder, sou jy verwag dat hy en sy vennoot, Mark Jacobs, ’n salaris uit die besigheid verdien. Hy sê egter een van die uitdagings is om die besigheid se groei te handhaaf en om dit volhoubaar te hou.

“Jy trek nie ’n salaris voordat die besigheid nie volhoubaar is nie en voor jy nie beleggers het nie. Dis ook een van die foute wat nuwe besighede maak.”

Verder moet entreprene­urs dit vir die passie doen en nie vir die geld nie. Vannie Kaap is steeds ’n deeltydse werk vir hom en sy vennoot wat ná ’n jaar en ’n half by hom aangesluit het.“Dit is hoekom ons ons werke gehou het. Ek wil hê die besigheid moet op ’n vlak wees waar dit nog nie is nie. Ek wil nie net relevant wees nie. Ek wil ’n nalatenska­p los.”

hy droom groot

Hy het al baie sukses bereik en is trots op homself, maar het baie hoë standaarde en sê hy het nog nie ál sy doelwitte bereik nie.

“As my drome my nie paap (bang) maak nie, dan droom ek nie groot genoeg nie. Ek wil ’n verskil maak op die Kaapse Vlakte, nie net in terme van geld nie, maar ook in terme van mag.”

Alles wat Vannie Kaap oor besigheid weet, het hy homself geleer. Hy doen baie navorsing,“want dis nutteloos om foute te maak wat ander mense gemaak het”.

Sy vorige werkservar­ing het hom reeds ’n paar vaardighed­e gegee wat hy vandag gebruik. As ’n vryskutont­werper van webtuistes en apps, het hy vir nuwe tegnologie­maatskappy­e gewerk. Hy sê op skool het hy ook ’n gees vir besigheid gehad.

“Ek het altyd na ’n winkelsent­rum in Kaapstad gegaan en juwele gekoop. Dan verkoop ek dit by die skool teen ’n hoër prys,”vertel hy. Hy het sy ontwerpvaa­rdighede ook self geleer en homself leer code (die taal wat gebruik word om sagteware te skryf) deur video’s op YouTube te kyk.

Sy lewe kon egter ’n heeltemal ander koers ingeneem het. As ’n kind in Manenberg, kon hy, soos van sy vriende, maklik in ’n lewe van bendes vasgevang geword het. Hy sê danksy sy ma, wat hom alleen grootgemaa­k het, het hy goeie keuses gemaak. Geld was ook altyd skaars en die gesin het telkemale rondgetrek en in mense se agterplase of ’n kamer in mense se huise gewoon.

“Van my vriende wat nie pa’s gehad het nie en dié wat gehad het, het bendelede geword. Ek het ’n ander pad gekies. So dit gaan nie oor jou omstandigh­ede nie. Dit gaan oor die keuses wat jy maak.”

Hy het verstaan hoe om wyse keuses te maak. Sy ma het hom altyd doelbewus aangeraai om nie aan bendebedry­wighede deel te neem nie. Sy het hom ook altyd ondersteun en aangemoedi­g, vertel hy.

“As ek môre vir my ma sê ek gaan bompies verkoop, gaan sy vir my sê‘my kind jy gaan die beste bompie-verkoper ooit wees’.”

Ná skool het Vannie Kaap met behulp van sy suster, menslike hulpbronne­bestuur studeer. ’n Jaar later toe sy suster siek word en sy ma haar werk in ’n fabriek verloor het, het hy adminwerk by ’n kantoor in Kaapstad begin doen.“Ons het gesukkel. Daar het geen geld ingekom nie.” Ná ’n kort siekte het sy suster gesterf.“Dit was baie moeilik. Dit was die eerste groot sterfte in my lewe. Ek het vriende aan die dood afgestaan, maar dít was dieper.”

Hy het nog talle doelwitte wat hy wil bereik, maar sy onmiddelli­ke planne sluit in om ’n fisiese winkel met ’n wyer verskeiden­heid goedere insluitend penne en voorskote voor Kersfees oop te maak.

Hy beplan ook om vroeg volgende jaar ’n media-webtuiste wat daarop gefokus is om bruinmense op ’n positiewe wyse uit te beeld, te loods. Intussen dala hy wat hy must en inspireer die res van ons terwyl hy dit doen!

Só groei hulle:

Vannie Kaap spog teen druktyd met 240 750 Facebook-likes. Hy bereik weekliks 1,3 miljoen mense. Hy kry gemiddeld 1 200 likes en 1 000 shares per post. Hy kry gemiddeld 2 000 nuwe volgelinge per week.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa