Kuier

JOU KIND EN SKOOL:

30 METER

-

Vind meer uit oor lewe in die see

Soöplankto­n is die kleinste diere in die see. Seewier en gras: Seegrasse en ander plante in die see het nie wortels nie. Hulle anker hulself aan dinge soos rotse en “vreet”deur hul blare.

as jy al ’n prent van die aardbol gesien het, sal jy weet dat

minstens 75% van die aarde met water bedek is. Altesaam 71% van daai water is seewater en in dié water is daar baie lewende diere, plante en organismes. Kom ons kyk na wat alles in die oseaan kriewel!

Skulpe

As jy by die strand is, gaan jy heel waarskynli­k ’n skulp of twee optel. Maar die skulpe wat ons op die strand optel, is die buite-skelette van dooie molluske (diere in skulpe). Daar is duisende verskillen­de tipe molluske wat in die oseaan lewe. Baie spesies is minder bekend omdat hulle skulpe nie noodwendig op land uitspoel nie. Die huid van molluske skei ’n kalkstof af. Hierdie kalkstof vorm die skulp wat groter word solank as wat die mollusk lewe.

Soogdiere

Hulle lyk soos groot visse, maar is nader aan soogdiere op land as aan die visse in see. Dolfyne, soos die Atlantiese bottelneus­dolfyn, is baie slim soogdiere met ’n eiesoortig­e intelligen­sie. Hulle kan emosioneel raak en hulle kan vir mekaar en ook vir mense lief word. Wanneer ’n dolfynkoei ’n kalfie kry, het sy selfs ’n vroedvrou-dolfyn wat haar bystaan!

Grootste seedier

Die blouwalvis is die see se grootste dier. Dis omtrent 30 meter lank en weeg ongeveer 180 ton. Dis die grootste dier wat al ooit bestaan het waarvan mens weet. Net sy tong weeg omtrent 2,7 ton. Die blouwalvis vreet klein seediertji­es soos garnale en kril. Dit kan op een dag tot 40 miljoen kril vreet.

Korale

Korale is diere wat soos plante lyk omdat dit op die bodem van die oseaan bly. Korale lewe saam met alge en hulle vat kalsuim uit die see en maak harde rotsagtige skuilplekk­ies. ’n Stuk koraal bestaan gewoonlik uit die ou huisies van baie koraalpoli­epe. Sodra een poliep vrek, bou ’n ander een sy tuiste bo-op dié van die dooie een.

Het jy geweet?

Die Great Barrier Reef is sigbaar uit die ruimte! Dis in die noordooste van Australië en is die grootste koraalrif met ’n 2 300 km lange ekosisteem. Dit het duisende riwwe en honderde eilande wat bestaan uit 600 soorte harde en sagte korale.

Organismes soos plankton

Plankton is mikroskopi­ese klein organismes wat in seestrome ronddryf, want hul vormpies is te swak om teen die stroom te swem. Mens kry die plantaardi­ges (fitoplankt­on) en die diertjies (soöplankto­n). Hulle is ’n belangrike deel van die voedselket­ting in die oseaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa