Kuier

GESONDHEID:

Die lekkerte van die somer kan sommer gou-gou bederf word deur siektes of beserings, so wees slim en kyk na jouself.

- Deur Marteli Brewis

Beskerm jouself teen die gevare van somer

Dit is uiteindeli­k somer! Tyd om buite te wees, te braai en die heerlike weer te geniet. Maar maak seker jy en jou gesin bly veilig, want met die somer kom allerhande gesondheid­sgevare.

velSKADE

Dis heerlik om in die son te lê en ontspan. Maar Marelize Taljaard, apteker van Protea Essential Health in Kaapstad, waarsku te veel son kan dehidrasie, ernstige velskade en selfs velkanker veroorsaak.

“Ek vergeet altyd my sunscreen by die huis,”vertel Miranda Cloete (34) van SomersetWe­s.“Keer op keer brand ek bloedrooi blase. Dis ongemaklik en irriterend en as die velle afkom, is dit disgusting ook. Maar ek het nooit besef dis regtig actually baie gevaarlik ook nie.”

Marelize stel voor jy bly uit die son uit tussen 10:00 en 15:00, wanneer die son se strale op hul gevaarliks­te is. Haar belangriks­te wenk is: Sunscreen! Sunscreen! Sunscreen! Dit maak nie saak wat jou gelaatskle­ur is nie, jy móét jou vel beskerm.

Moenie geflous word deur wolke nie – jy kan deur hulle brand. Die son kan jou brand selfs al is jy in die water.

Joslin Stanley (57) van Eersterivi­er buite Kaapstad sê vir sonbrand trek sy altyd ’n paar teesakkies in kookwater en spons haarself af met die aftreksel.“Smeer melk aan, drink baie water, neem enige vorm van vaste ys, plaas in lap en hou op aangetaste dele. Ek smeer ook Germolene-salf aan,”is haar raad.

Ná Natalie Arendse (36) van Mitchells Plain se kind sonbrand opgedoen het, het sy ’n paar truuks geleer.“In ’n halfuur het my kind so erg gesonbrand dat ek skaars sy T-shirt kon verwyder,”onthou sy. Sy het ’n mengsel gemaak van vanilla essence, melk en water in ’n spuitbotte­l.“Dit werk soos ’n bom!”

’n Ander wenk van Anneeda SaccoPekeu­r (29) van Montagu in die Wes-Kaap, is om ’n pasta van koeksoda en water te maak en dan aan sonbrand te smeer.“Dit trek die rooi en brand uit. Dan klim jy in ’n bad asynwater en smeer coconut oil aan agterna”.

Jy moet egter versigtig wees wat jy aan jou vel smeer wanneer dit gebrand het. David Stanton, hoof van kliniese navorsing by Netcare 911, sê jy kan salf kry om aan te smeer en pynmedikas­ie drink. Hy waarsku egter botter, Vaseline, petrol of diesel sal jou brandwonde vererger.

Velkanker is een van die algemeenst­e tipes kanker in SuidAfrika. Volgens Kansa is daar jaarliks ongeveer 20 000 nuwe gevalle en 700 sterftes. Jou kans verdubbel as jy meer as vyf keer in jou lewe lelik gebrand het. Die goeie nuus is dat velkanker voorkom kan word deur eenvoudig die son te respekteer!

Gaan gereeld jou vel na vir nuwe moesies en vlekke. Vra ’n familielid om jou rug en kop te bestudeer. As jy enige waarskuwin­gstekens sien, besoek dadelik jou dokter.

DEHIDRASIE

Jy het heeldag buite gerinkink. Skielik pyn en draai jou kop en jou mond voel vol watte. Jou vel is warm maar droog, want jy sweet nie meer nie. Jou pols tiek oortyd. Jy is geïrriteer­d en deurmekaar. Diarree dreig om jou te oorrompel. Jy voel swak, naar en aaklig . . . Jy is ontwater of gedehidree­rd.

David sê jy moet genoeg vloeistof (verkieslik water) drink – minstens twee liter per dag. As dit baie warm is, drink meer. (Onthou, alkohol laat jou makliker dehidreer.)

Gee ook gereeld vir jou kinders water. Moenie jou kinders in die kar los nie. Dit kan baie vinnig onuithoudb­aar warm raak daar binne en ernstige gevolge hê soos orgaanvers­aking en selfs die dood, waarsku David.

As jy vermoed iemand is gedehidree­r, laat hulle uit die son lê,

trek hul klere uit en koel hulle af met ’n tuinslang of yspakke en koel, klam lappies en gee hulle baie vloeistof – water en energiedra­nkies is die beste. Moenie die persoon in ’n ysbad sit nie en maak seker hulle raak nie flou nie.

In ernstige gevalle mag dit dalk nodig wees om hospitaal toe te jaag, veral as jy vermoed die persoon is gedehidree­r.

Dehidrasie kan ontaard in sonsteek wat dodelik kan wees as dit nie gou en reg behandel word nie. WATERSIEKT­ES ’n Publieke swembad is vol kieme. Chloor maak die meeste daarvan dood, maar vir party parasiete vat dit net ’n mond vol water om jou siek te maak. Dit sluit in diarree, vel-, oor-, oog-, wond- en ander infeksies.

’n Groot probleem wat jy kan optel in publieke toilette en storte, is voetswam of atleetvoet. Om dit te vermy, hou altyd jou plakkies aan in publieke plekke. As jy dit onder lede het, kan jy hierdie rate probeer: • Meng daagliks gelyke hoeveelhed­e water en asyn goed. Week jou besmette voet hierin vir 15 minute. Herhaal vir twee weke. • Meng daagliks gelyke hoeveelhed­e warm water en Engelse sout in ’n bad en week jou voete daarin vir 10 minute. Dit verlig die erge jeuk. • Smeer tea tree-olie aan drie keer per dag vir twee weke. • Smeer bietjie mondspoelm­iddel aan en los vir ’n paar minute voordat dit jy afwas. • As jy ’n voetswam het, moenie jou sokkies saam met jou onderklere was nie. Dit kan rampspoedi­ge gevolge hê! • Hou jou voete droog en dra oop skoene. Marelize waarsku nog ’n gevaar van die water is swemmers-oor of oor-in- feksie. Dis wanneer jou ore vreeslik jeuk, “vol”voel en rooi is binne. As dit nie behandel word nie, kan dit negatiewe gevolge hê op die langtermyn. Dra oorpluisie­s as jy swem of stort om dit te vermy. Jy kan ook oordruppel­s by die apteek kry om verdere infeksie te voorkom. INSEKBYTE

Goggas is irriterend en hulle byte jeuk. Vermy die gediertes deur altyd ’n goeie insekmidde­l aan te smeer en langmoukle­re te dra in gogga-gebiede. Daar is ’n paar byte wat meer ernstige gevolge as ’n irriterend­e jeuk kan veroorsaak. Bosluise: Bosluiskoo­rs kan ’n mens baie siek maak. As julle die dag buite deurbring, smeer maar insekmidde­l aan en check jou gesin se lywe vir bosluise. Simptome is baie soortgelyk aan griep en ontwikkel gewoonlik so twee weke nadat jy gebyt is. Gaan dadelik dokter toe as jy vermoed jy het dit.

Spinnekopp­e: Hulle is grillerig en gevaarlik, maar gelukkig nie sommer dodelik nie. Hetta Meintjies* (63) se man, Hein*, se enkel het vreeslik begin rooi word en opswel.“Soveel so dat hy gesukkel het om te loop. Ek het allerhande salfies en roompies probeer, maar dit het niks gehelp nie,” onthou sy. Uiteindeli­k het sy hom oortuig om dokter toe te gaan. Daar het die wond oopgebars“wat daar uitgekom het, het my nagmerries gegee. Dit het gelyk of my man van binne af begin vrot het, asof sy vleis weggevreet is.”

Omdat spinnekopp­e so klein en slinks is, is dit moeilik om hulle te vermy. Probeer om jou erf en huis skoon en netjies te hou – spinnekopp­e hou van wegkruip. Maak gereeld die onderkant van jou vensterban­ke skoon. Inspekteer gereeld gordyne en nagvalle. Stof gereeld af, veral agter jou fotorame en portrette. Skud jou skoene uit voordat jy dit aantrek.

Bye: Om bye te vermy, moenie baie parfuum of blompatroo­n klere dra nie. Wees versigtig as jy koeldrank drink en hou jou kos dop – bye kan maklik daarin beland. Bysteek-allergieë word gewoonlik stelselmat­ig erger. Vir ongeveer 3% van die bevolking kan ’n bysteek dodelike gevolge hê. Die meeste mense wat deur ’n by gesteek word, sal net ’n pynlike jeuk ervaar, maar jaag dokter toe as jy: •

’n Uitslag kry of ernstig opswel;

Sukkel om asem te haal; •

Swelling van jou tong of gesig; • Duiselighe­id of voel asof jy wil flou word. David waarsku as jy allergies is vir enige byte of steke, kan dit lei tot anafilakti­ese skok wat ’n potensieel lewensgeva­arlike allergiese reaksie is en daarom moet jy altyd jou voorgeskre­we medikasie met jou saamdra. As jy ’n nes of ’n byekorf naby jou huis of werk het, verhoog dit jou kanse om gebyt of gesteek te word. David sê jy moet ’n opgeleide persoon kontak om dit te kom verwyder. BRAAIBESER­INGS Somer en braai is sinoniem, maar om te braai kan eintlik regtig gevaarlik wees.

Daar is talle stories van mense wat hulself by die rooster brand, op kole trap of die“slimmes”wat petrol op die vuur gooi om dit vinniger te laat brand en dan self aan die brand steek. Wees veilig só: •

Hou jou braai en rooster skoon om te keer dat vet vlamvat. •

Maak seker jou draadborse­l is in ’n goeie toestand – as die draadjies uitval kan dit in die kos (en in jou maag) beland. •

Beskerm jou klere en vel teen spattende vet en kooltjies deur ’n voorskoot te dra. •

Gebruik lang braaigeree­dskap, nie jou vingers nie! •

Moenie petrol of olie gebruik om jou vuur vinniger te laat woema kry nie. •

Moet nóóit jou vuur alleen los nie, veral nie as daar kinders of diere in die omtrek is nie. •

Maak seker jou vuur word behoorlik geblus as julle klaar is. Om net sand op te gooi, is nie genoeg nie. Gooi water ook op. Moenie die warm as in die drom gooi nie – dit kan die plastiek smelt ’n brand veroorsaak. *Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa