Kuier

SLEGTE ASEM:

Soms is ’n klankie uit iemand se mond genoeg om jou mislik te maak. Maar ’n slegte asem en swak mondhigiën­e kan ’n teken wees dat iets ernstiger fout is met jou gesondheid.

- Deur Marteli Brewis

Dalk ’n teken van swak gesondheid

Daar is niks so aaklig soos iemand met ’n stink mond nie. Net só kan dit jou ook lelik in die verleenthe­id stel wanneer jóú mond ’n slegte klankie het. Daarom is goeie mondhigiën­e baie belangrik vir jou én die mense rondom jou.

Ons leer al van kleins af hoe om jou tande en mond skoon te hou. Gesonde tande laat jou nie net goed voel en lyk nie, maar dit maak dit vir jou moontlik om lekker te eet en met selfvertro­ue te smile.

Maar dis nie net mense wat nie tande borsel wat sukkel met swak mondhigiën­e nie. Goeie mondhigiën­e is ook ’n noodsaakli­ke deel van jou algemene gesondheid en kan ’n impak op jou lewenskwal­iteit hê, verduideli­k Gail Smith en Anri Bernardo, gekwalifis­eerde mondhigiën­iste van die Oral Hygienists Associatio­n of South Africa (Wes-Kaapse tak).

Wanneer jy ’n ernstige gesondheid­stoestand het, het dit ook dikwels ’n uitwerking op jou mondhigiën­e en andersom.

Tandvleiss­iekte en grootskaal­se tandverlie­s word gekoppel aan algemene gesondheid­sprobleme soos diabetes, kardiovask­ulêre (hartbloedv­atstelsel) kwale, asemhaling­sprobleme en nog meer. Sekere kroniese medikasie kan ook ’n impak op jou mondhigiën­e hê.

Infeksie in jou mond kan lei tot infeksie en inflammasi­e elders in jou liggaam.

Tandeverli­es en vrot tande in kinders en bejaardes kan lei tot slegte voeding en ontwikkeli­ng, wat dan tot ernstige gesondheid­sprobleme kan lei. Juis hierom, verduideli­k Gail en Anri, is dit so kardinaal om goeie mondhigiën­e-gewoontes te hê.

Oorsake

Daar is meer as 500 bakteriesp­esies wat in jou mond woon, verduideli­k Gail en Anri. Dit is die primêre oorsaak van plaak wat opbou. (Plaak is daardie wollerige lagie wat daagliks op jou tande vorm.)

Wanneer ons eet, vorm die suiker en bakterieë saam ’n suur. Hierdie suur val jou tandstrukt­uur aan en verswak jou tande se enamel. Dit veroorsaak tandbederf. Plaak vorm elke dag op die tandstrukt­uur, tong en wange en as jy dit nie verwyder deur twee keer per dag te borsel met die regte tegniek en te vlos om die plaak tussen jou tande te verwyder nie, sal dit tandvleiss­iekte (geswolle en bloeiende tandvleis) veroorsaak.

’N TEER SAKIE

Ons het ’n paar lesers gevra hoe hulle die sensitiewe sakie aanroer om vir iemand te sê as hulle mond stink.

Tania Manual van Kaapstad meen dis awkward om vir iemand te sê wat jy nie ken nie, maar sy maak dit nie ’n geheim nie.“Ek sit my hand oor my neus! Maar as dit iemand close is aan my, sal ek sê”.

Marenda Avontuur van Kaapstad stem saam.“Ek dink jy moet iemand sê, want hy sal nie weet as jy hom nie sê nie, hy kan nie homself ruik nie.”

Daar is ’n ander oplossing, meen Charlotte Losper.“Ek deel net mint sweets uit vir almal. Maar dis ’n probleem as die een met die stink asem sê‘nee, dankie’,”lag sy.

Amélia Eloff van Vanderbijl­park deel elke dag haar persoonlik­e spasie met kliënte.

“Ek het een kliënt wat doof is en haar asem ruik baie sleg,”vertel sy.“As sy wil

praat, dan kom sy baie naby om te hoor. Ek offer haar ’n stoel verder weg. Maar ai, dis moeilik en ek word verskrikli­k naar.”

Vir iemand wat ’n mens ken, sê Lenie Stander sy dink ook ’n mens moet reguit, maar sensitief wees.“Maklikste oplossing: skryf ’n briefie en sit dit op sy lessenaar. Of in haar sak. Maar direk sal ek dit nie sê nie. Mens maak mense seer.”

Somerset-Wes se Lisa Barnes stem nie saam nie. Sy meen“nee, mens sê nie vir iemand jou mond stink nie. Staan eerder verder weg.”

Joy van Rooyen voel ook só.“Sê maak niks nie. Ek hou net my asem op.”

“Een van my ou skoolmaats se asem het vreeslik gestink,”onthou Gary Abrams van Midrand in Gauteng.“Nie eens ’n mint kon dit wegvat nie. So, jy vat dit maar soos dit kom. Die ergste wat jy kan doen, is om snaaks te act as hy in jou area kom. Hy het dit nie nodig nie,”meen hy.

“Julle wat so naar word vir stink asems,” raas Margaretha Rossouw van Durban, “daai mense kan nie help nie. Ek was al by sewe verskillen­de dokters en almal sê alle mense het reuke en daar is mense wat na poep ook ruik. So julle wat nie stink nie, sê dankie Here!”

Jomari Smit, ’n mondhigiën­is van De Necker Dentistry in George, sê jy moet baie taktvol en sagkens wees. Miskien kan jy vra of hulle bewus is van ’n slegte smaak in hul mond en of hulle tandvleis soms bloei. Raai hulle aan om ’n mondhigiën­is te besoek vir ’n skoonmaaks­essie. Jy kan vir hulle vertel wat die voordele daarvan is en hoe positief jou ervaring daar altyd is.

slegte mondhigiën­e

Volgens die webblad www.colgate.com is jou mond die poort na die res van jou liggaam, so enige bakterieë van jou mond kan na enige ander deel van jou liggaam reis.

Dit kan jou are verstop en jou risiko vir ’n ernstige hartaanval of beroerte aansienlik verhoog. As jou slegte mondhigiën­e tot tandverlie­s lei, kan dit lei tot potensiële geheueverl­ies wat kan ontaard in demensie.

Verder kan die bakterieë jou bloedstroo­m en longe infiltreer en ’n direkte impak op jou asemhaling­stelsel plaas. Dit verhoog jou risiko van akute bronchitis en kroniese longontste­king.

Ander ernstige toestande wat ook ver- band hou met slegte mondhigiën­e, sluit in onvrugbaar­heidsprobl­eme, erektiele disfunksie, immuunstel­selkwale, swak bene en selfs risiko van premature geboorte en lae geboortege­wig.

Voorkoming is beter

Gail en Anri gee dié wenke vir goeie mondhigiën­e:

Besoek gereeld (elke ses maande) jou tandarts vir check-ups en X-strale om seker te maak dat jou stopsels nog heel is en daar nie nuwe gaatjies gevorm het nie.

Besoek elke ses maande ’n mondhigiën­is vir ’n behoorlike skoonmaak, veral om harde plaak te verwyder en die areas skoon te maak wat ’n mens maklik met ’n tandeborse­l mis.

Beperk jou suikerinna­me en volg ’n gesonde, gebalansee­rde dieet om vrot tande vry te spring.

Vermy kosse wat ’n reukie in jou mond agterlaat of borsel dadelik jou tande nadat jy dit geëet het. Kos soos neute, vrugte (veral appels), kaas, hoender en groente is tand-vriendelik.

Drink baie water om jou mond skoon te hou veral ná maaltye.

Rook minder of glad nie. Tabak kan mondkanker en inflammasi­e van jou tandvleis veroorsaak. Lekkers, koffie of tee wat jy gebruik om ontslae te raak van die rookreuk, kan ook jou tande beskadig.

Drink so min moontlik gaskoeldra­nk en alkohol en as jy dit wel drink, gebruik ’n straw sodat dit nie direk aan jou tande raak nie.

Deel altyd jou volledige mediese geskiedeni­s met jou tandarts en mondhigiën­is omdat algemene gesondheid­sprobleme ’n uitwerking op jou mondhigiën­e kan hê.

As jou halitose (slegte asem) nie deur ’n tandarts of mondhigiën­is behandel kan word nie omdat dit nie ’n dentale probleem is nie, sal jy jou dokter moet besoek om te bepaal of jy met enige sistemiese of mediese toestande sukkel wat slegte asem kan veroorsaak.

Laat weet jou tandarts en mondhigiën­is as jy swanger is, asook hoe ver jy is, aangesien sekere behandelin­g uitgestel sal word tot ná die geboorte van jou baba.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa