Kuier

Spieëltjie Spieëltjie ...

Dit is heeltemal oukei om goed te wil lyk, maar wanneer jou maat nie die kans laat verbygaan om te kyk hoe hy lyk nie, kan dit ’n probleem raak en jou verhouding ’n knou gee.

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Dis nice om te weet jou geliefde hou daarvan om goed te lyk of doen moeite met sy voorkoms. Maar wanneer hy nie verby ’n winkelvens­ter kan stap sonder om homself te bekyk nie of ure in die badkamer is om sy hare te jel, kan dit nogal irriterend raak.

Só is dit vir Chanel Thomas (31) ’n nagmerrie om saam met haar verloofde, Warren Oliver (35), albei van Kaapstad, inkopies te doen. Nie omdat hy ongeduldig raak met haar nie, maar omdat sy ure lank vir hóm moet wag terwyl hy sy tyd vat om homself in die spieël te bewonder.

Wanneer Warren ’n sonbril koop, pas hy minstens 30 pare aan om te kyk hoe dit op sy gesig lyk en dan wil hy weet wat Chanel daarvan dink.

Warren se beheptheid met sy voorkoms het begin om haar te laat sleg voel oor hoe sy lyk, want wanneer sy en Warren uitgaan, al is dit om melk en brood te gaan koop, kan jy hom deur ’n ring trek.

Hulle is al vyf jaar saam, maar ná die eerste jaar het hul verhouding dit amper nie gemaak nie.

“Ek het baie geïntimide­erd gevoel. As ons op ’n date gegaan het of selfs net saam met familie of vriende gaan kuier het, het hy altyd baie deftig aangetrek en dit het my onder druk geplaas,”sê Chanel.

Sy het gevoel asof sy nooit genoeg moeite doen nie en dat sy by hom afsteek.

Dit het ook nie gehelp dat hy altyd al die aandag gekry het nie. Sy het baie jaloers geword wanneer mooi vroue na hom kyk en dit het haar selfbeeld ’n knou gegee. Dit het haar ook baie geïrriteer dat sy vir hom moet wag om klaar te maak wanneer hulle iewers moes gaan.

Sy het met hom gesels en aan hom verduideli­k hoe dit haar laat voel.

“Hy het my toe met ’n mini-makeoverda­g bederf en vir my ’n nuwe haarstyl en klere gegee. Ek het gedink dit was oulik en het my baie spesiaal laat voel. Ons hou ook daarvan om elke jaar vir ons anniversar­y vir ’n fotosessie te gaan, maar ek probeer ook maar om later as hy te begin klaarmaak sodat dit nie voel asof ek vir hom wag nie.”

Man dy Oliver, ’n verhouding­s kenner van Johannesbu­rg, sê dit is normaal wanneer een persoon in ’n verhouding meer belangstel in mode of hul voorkoms en deesdae gebeur dit meer gereeld dat mans meer behep is met hoe hulle lyk.

Om so baie geld te spandeer op klere en dinge om mooi te bly, is vir my onnodig. Brandon October

Volgens haar is daar ’n wanperseps­ie dat slegs vroue omgee oor hul voorkoms. Sy sê sy sien deesdae meer paartjies wat sukkel omdat die vrou voel die man gee nie vir haar om nie en is meer lief vir homself as vir haar. Dit veroosaak dikwels kommunikas­ie probleme en kan selfs tot probleme in die slaapkamer lei.

’n obsessie

“Baie vroue wat my kom sien, voel hul mans het ’n obsessie en dat hulle meer op hulself konsentree­r as die verhouding. Hoewel dit soms waar is, vind ons dikwels uit dat dit eintlik die vrou se eie onsekerhed­e is wat haar so laat voel en nie altyd haar man nie. Wanneer hy jou wel afknou en slegte dinge oor jou sê en jou emosioneel afbreek, is dit ’n groot probleem en ’n teken van gevaar,”sê sy.

“Daar is niks verkeerd met ’n man wat homself goed versorg, na sy liggaam kyk of op die hoogte is van die nuutste modetrends nie. Dit kan selfs na ’n gesonde seksuele verhouding tussen man en vrou lei, maar wanneer jul lewe stil staan en hy sy voorkoms by alles betrek, kan dit ’n obsessie word.”

Tekens dat hy ’n probleem het, is wanneer ’n man nie ’n maaltyd kan klaarmaak, take uitrig of met iemand geselskap kan hou sonder om oor sy uitrusting of voorkoms te praat nie, verduideli­k Mandy.

Ook wanneer mense skuld maak en goed koop wat hulle nie kan bekostig nie net om goed te lyk, is dit gevaarlik vir ’n verhouding en kan dit ook lei tot finansiële en sielkundig­e stres tussen ’n paartjie.

Caroline October (37) van Durbanvill­e in die Kaap, meen as ’n vrou voel ’n mens altyd jy wil mooi lyk vir jou man of ou. Sy hou van shop en mooi klere. Sy is veral mal oor sexy hakskoene en handsakke en kan maklik R2 000 op skoene of ’n handsak spandeer. Maar haar man, Brandon (40), meen jy hoef nie die duurste klere te dra om goed te lyk of om ’n goeie indruk te maak nie. Dit pla hom dat sy so baie geld spandeer en meen dit het oor die jare al baie onnodige argumente in hul huwelik van nege jaar veroorsaak.

“Ek weet ek het ’n mooi vrou, maar om so baie geld te spandeer op klere en dinge om mooi te bly, is vir my onnodig. Ek sê altyd dat ek haar selfs in ’n swartsak of met plooie sal liefhê, maar sy spandeer steeds baie.”

Mandy raai paartjies aan om onmiddelli­k daaroor te praat as jou maat se gewoontes jou pla of hulle dinge doen wat jou ongemaklik laat voel. Julle kan probeer om ’n oplossing te kry wat julle albei gemaklik gaan laat voel.

Dit kan klein dinge wees soos om ’n begroting uit te werk as jy voel jou maat spandeer te veel op hulself of om uitrusting­s vooruit te beplan sodat jou maat nie vir jou hoef te wag om klaar te maak nie, sê Mandy.

Dit is ook belangrik om mekaar goed te laat voel en vir jou maat ’n kompliment te gee. Sê wanneer hy of sy goed lyk, want almal wil spesiaal voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa