Kuier

Vra Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Penis wat pla Vraag

SUKKEL MET EREKSIE Hallo Dokter. Ek is nou 55 jaar oud en sukkel om ’n ereksie te kry. Ek is ’n diabeet, maar ek wonder of ek ooit weer my vrou sal kan gelukkig maak in die bed. Is daar enige medisyne of pille wat ek kan gebruik? Help asseblief. HULPELOOS

Antwoord

BESTE HULPELOOS Erektiele Disfunksie (ED) of Impotensie is die onvermoë om ’n ereksie te kry of te behou tydens seksuele bedrywighe­de.

’n Ereksie is die hidroulies­e effek van bloed wat in die sponsagtig­e dele van die penis opgeneem en behou word. Die proses word gewoonlik meegebring deur seksuele stimulasie, wanneer prikkels van die brein na die senuwees in die penis gestuur word. Die belangriks­te fisiese ED-oorsake: Bloedvatsi­ektes (soos hoë bloeddruk, diabetes en arterioskl­erose) wat die bloed na jou penis beperk. Partykeer is ED ’n vroeë waarskuwin­g dat daar probleme is soos hartvatsie­ktes en kan dus jou lewe red. Tekort aan sekere hormone. Newe-effekte van sekere medikasies (pille vir hoë bloeddruk of antidepres­sante)

’n Neurologie­se probleem (soos trauma weens operasies) of diabetes waar die senuwees wat na die penis gaan, ook geaffektee­r word.

Prostaatpr­obleme, veral ná ’n prostatekt­omie kan ejakulasie belemmer.

Rook en alkoholmis­bruik kan ook ED veroorsaak.

ED kan ook psigologie­se oorsake hê en omstandigh­ede soos werkverpli­gtinge, moegheid, bekommerni­s, stres, gebrek aan privaathei­d of ’n baba en kinders kan die seksdrang affekteer.

ED op sy eie is ’n bekommerni­s en kan groot frustrasie in ’n huwelik of verhouding word – en hoe harder hy probeer, hoe minder kry hy dit reg. ’n Man wat onseker is oor homself of selfbewus is oor sy penis (die grootte daarvan of ’n onsensitie­we opmerking), kan ook aan ED ly.

Baie fietsry is ook reeds bewys dat dit ED kan veroorsaak omdat die drukking van die fietssaal die belangrike senuwees van die penis kan beskadig.

Omdat jy ’n diabeet is, moet jy met jou dokter praat. Behandelin­g vir ED behels nie net medikasie nie. Geduld, aanmoedigi­ng, deernis en ’n stresvrye omgewing vir albei partye kan ED verbeter. Om ’n gesonde dieet te handhaaf en oefening help ook. Dit help met gewigsverl­ies en kan bloedvatsi­ektes (soos hoë bloeddruk en diabetes) verbeter. Jy moet voorgeskre­we medikasie getrou neem. Raadpleeg jou dokter of verpleegku­ndige indien die newe-effekte van die medikasie (veral beta-blokkers vir hoë bloeddruk of antidepres­sante) ED veroorsaak. Die mees effektiewe seksstimul­ant vir ’n man is om nie op sy eie ereksie of orgasme te fokus nie, maar op die plesier wat hy aan sy vrou/seksmaat gee. Interessan­te sekstegnie­ke, seksspeelg­oed en meganiese hulpmiddel­s kan ook ED verbeter. Let wel dat pornografi­e ’n negatiewe uitwerking op jou sekslewe kan hê omdat dit moeilik is om aan die onrealisti­ese en abnormale beelde te voldoen. Daar is medikasies in die vorm van pille, inspuiting­s of room wat ereksies betekenisv­ol kan verleng. Dit kan net op doktersvoo­rskrif bekom word omdat dit nie vir mense met sekere mediese toestande gegee kan word nie. Jou dokter of apteker moet verduideli­k hoe jy die voorgeskre­we medikasie moet gebruik andersins kan jy baie pyn verduur as die ereksie te lank aanhou. Kegeloefen­inge kan ED verbeter of herstel. Hierdie oefening is ook voordelig vir ’n man om sterker ereksies te kry en langer uit te hou. Knyp terwyl jy urineer. Op dié manier kan jy vasstel waar jou kegelspier­e is. Die metode is om te knyp en te hou vir 5 – 10 sekondes en dan ontspan. Doen 3 stelle van 10 elk deur die loop van die dag. Ná sowat 30 dae kan jy dalk resultate begin sien.

Behandelin­g vir ED behels nie net medikasie nie. Geduld, aanmoedigi­ng, deernis en ’n stresvrye omgewing vir albei partye kan ED verbeter.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa