Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Wil hom nie soen nie Vraag

OU HET SEERTJIES Antie, my nuwe ou bly seertjies om sy mond kry en ek is bang hy het dalk ’n siekte of iets. Hoe vra ek hom om dokter toe te gaan, want ek wil nie ook iets kry nie. Hy is baie netjies, maar het ook voor my baie meisies gehad. Ek dink nie hy kyk nou rond nie, want dit voel nie so nie en ek wil nie stories opmaak nie, maar hoekom kry hy die goed? Ek kan hom nie soen as hy dit het nie en ek voel sleg daaroor, maar ek weier. Kan ek hom verloor as ek aandring dat hy die goed moet gaan toets? BANG

Antwoord

BESTE BANG Sorteer dinge tussen julle uit en wees eerlik oor jou gevoelens. Dit baat niks om speletjies te speel nie. Wees besorg en stel voor dat jy dink sy gestel af is en vra hom wat hy daarvan dink. Stel voor dat hy ’n dokter moet gaan sien. Dalk is daar reeds ’n rede hoekom hy nog nie vir jou wil sê nie. Miskien is hy skaam. As hy lief is vir jou, sal hy nie verwag jy moet hom soen wanneer die goed om sy mond is nie. Soms maak ons dinge moeilik vir onsself deur ’n berg van ’n molshoop te maak. Ek is seker as jy hom met respek gaan behandel, hy jou bekommerni­s ernstig sal opneem.

Vraag

MA SLAAP ROND Antie Val, ek is baie ongelukkig nadat ek my ma saam met my pa se vriend betrap het. Hulle het my nie gesien nie, maar ek kon duidelik sien en hoor wat hulle aanvang. Ek glo dat dit al lank aan die gang is en ek skaam my dood en is kwaad. Wat moet ek nou doen?

Ek weet my pa is baie lief vir my ma en hy is ook half siek, so ek is onseker. Dit sal hom so seermaak. Die oom is nou al baie jare sy vriend. Ek wens dit het nooit gebeur nie. ONSEKER

Antwoord

LIEWE ONSEKER Die lewe is wreed en ons kry te doen met dinge wat ons nie wil sien of hoor nie en dan word ons gedwing om besluite te maak waarmee ons nie regtig wil deal nie.

Mens kan die storie van alle kante bekyk, maar tog sal dit vir jou ’n bitter pil wees om te sluk.

Sy is immers jou ma en al is jy seergemaak oor haar doen en late, is jy tog nog lief vir haar. Daarom is ek seker dat jy haar nie noodwendig wil seermaak nie. Ek glo die waarheid sal altyd die een of ander tyd uitkom, so as jy hiervan weet is ek seker daar is nog mense wat weet.

Wees voorbereid vir wat kan kom, want dinge gaan nie noodwendig bly soos jy dit ken nie. Jou ma moet weet dat jy van haar gemors weet en jy kan haar sê dat jy jou pa gaan vertel indien sy nie die regte ding wil doen nie. Al is jou pa siek, is dit nie regverdig om hom só te behandel nie. Staan op vir hom, want hy kan dit nie op die oomblik self doen nie.

Vraag

DROOGHEID ’N PROBLEEM Antie Val, hoe ouer ek word, hoe droër word my vagina en seks is seer as ek nie iets gebruik nie. My man wil nie hê ek moet iets gebruik wat my nat maak nie, want hy voel ek moet vanself nat raak en gebruik dit om my te beskuldig van rondslaper­y. Dit is regtig nie die geval nie. Ek voel al seer, want hy hou van gereelde seks. Voorheen was dit vir my ook erg lekker, maar deesdae is ek bang as dit sulke tyd is. Wat kan ek doen? DROOG

Antwoord

BESTE DROOG Ag nee, dit klink onaangenaa­m en ek kan my net voorstel hoe seer jy nou al moet wees. Gaan sien eers jou gynae om vas te stel wat aangaan. Dit is nie vreemd nie. Baie vroue kom dit oor. Stres en selfs hormone kan die oorsaak wees. As jy nie ’n gynae het nie, kan jy na jou huisdokter toe gaan. Die feit dat jou man nie iets wil gebruik nie is net dom en onnodig. Sy ego is waarskynli­k gekrenk, want hy dink hy doen dit nie meer vir jou nie. Laat hom die ding van ’n ander kant sien. Neem hom saam dokter toe sodat hy self kan hoor wat aangaan en sodat die dokter jou voor hom kan ondersoek en self kan sê dat die droë seks nie vir jou goed is nie en meer skade doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa