Kuier

IN DIE NUUS:

Nie almal gelukkig ná hof sê ouers mag nie meer kinders slaan

- DEUR ELMARINE ANTHONY

sommige onnies en ouers glo dis die afskaffing van lyfstraf wat daartoe gelei het dat skoolkinde­rs heeltemal respek vir hulle verloor het en besig is om handuit te ruk. En nou het die Suid-Gautengse Hooggeregs­hof op 19 Oktober beslis jy mag hulle ook nie meer by die huis pak gee nie.“Waar gaan dit alles eindig?” wil daardie ouers en onnies nou weet.

Maar daar is ander wat meen slaan het nog nooit respek afgedwing nie en dis hoogtyd dat ’n misdadige land soos SuidAfrika tot sy sinne kom en enige lystraf teen kinders onwettig maak.

Vir talle is die reg om jou kinders te tug, ’n geloofsaak. Spreuke 13 vers 24 lees:“Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.”En dis presies wat Nadia Heswick (29) van Pniël buite Stellenbos­ch doen. Dié ma van twee sê sy lewe volgens haar Christelik­e agtergrond en die Bybel sê kinders moet getug word. Sy tug hulle wanneer hulle iets verkeerd doen, maar daar is tye wat sy dit net mondeliks en nie fisies doen nie.“Dit help om kinders te tug. Dit het vir my gehelp. Ek het só grootgewor­d. My ouers het nie stilgestaa­n nie. Hulle het my op die regte tye getug. Vandag kan ek dit oorsit na my kinders toe wanneer hulle iets verkeerd doen.”

Vir Jeffrey Carstens (40) van die Paarl in die Boland, gaan lyfstraf nie daaroor om jou kinders bang te maak vir jou nie.

“Dit gaan bloot daaroor om te wys as jy iets verkeerd gedoen het, gaan jy getug word.”Jeffrey sê hy is op skool met ’n rottang geslaan en by die huis met sy pa se belt of skoen.“Kinders moet respek hê vir grootmense. As jy as ouer nie meer beheer het oor jou kinders nie, hoe verwag jy ’n onderwyser moet? In die ou dae het jy respek gehad vir die rottang,”meen dié pa van drie kinders.

Dis nie net mense van die ouer generasie of Christene wat voel kinders moet getug word nie. Tershere van Rooy (24) van Clanwillia­m, is die ma van ’n vyfjarige meisie. Sy tug haar kind wanneer dit nodig is.

“Die grootste rede is omdat ek voel waardes soos groet en asseblief en dankie, het meestal verdwyn onder ons as jongmense. Ouers van vandag is nog self kinders en weet nie wat dit behels om ’n ouer te wees nie. Kinders word nie meer getug uit liefde nie, hulle word verskree en met geweld hanteer,”sê Tershere.

In Suid-Afrika kry ons daagliks te doen met gevalle van erge kindermish­andeling.

En dis juis oor sommige mense se uiterste hardhandig­heid teenoor kinders dat baie ten gunste is van die omstrede hofbesliss­ing.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa