Kuier

FIKS & GESOND:

Kry jou lyf reg vir die somer in die perfekte sportdrag

- DEUR lavern maarman

STRAAL IN DIE SOMER Só kan jy hierdie somer gesond van liggaam en gees bly: 1. Vergeet vergelykin­gs – Jy is wie jy is en het jou eie paadjie om te loop. Onthou daai asemrowend­e foto wat jy aanlyn sien, is net een oomblik in iemand se lewe. 2. Hou jou doelwitte realisties – As jou deadline Desember is, is dit onwaarskyn­lik dat jy baie gewig gaan verloor sonder dat dit later met interest terugkom. Dis die beste om realisties te wees oor jou gewig en maak jou doelwitte doenbaar sodat jy goed voel wanneer jy dit bereik. 3. Wees consistent – Los liewer die ‘quick fix diet’ en probeer om consistent in oefening- en eetgewoont­es te bly. 4. Wees goedhartig teenoor jouself – Jou liggaam is ’n delikate masjien wat op jou emosies en psigologie­se welstand reageer en nie net op wat jy eet nie. So probeer om liggaamlik en verstandel­ik gesond te bly. 5. Hou op obsess! – As jy jouself met elke oefening uitdaag, gesonde opsies kies (so 80/20 ratio), sal jy begin gewig afskud. En as jy nie jou liggaam verder met stres laai deur daarmee behep te wees nie, sal dit nog vinniger verdwyn. www.fabufit.co.za

WARDAH HARTLEY (35) is ’n “fit mommy” blogger van Morningsid­e in Sandton. Sy is ’n sportnuusl­eser op TV, getroud en ma vir haar seun, Esa. Haar fiksheidre­is het 5 jaar gelede begin toe sy besluit het om ontslae te raak van haar oortollige vet, maar ook omdat sy beter oor haarself wou voel. Dit is belangrik dat vroue goed na hulself kyk, maar dit beteken nie jy moet konstant diet nie, sê sy. “Ek hou nie eens van die woord diet nie. My beste raad is, maak ’n veranderin­g, nie ’n dieet nie.” Sy moedig ander vroue aan om liewer gesonder gewoontes aan te neem soos om alles in matigheid te eet en ten minste twee tot drie keer per week te oefen. Sy meen dat dit uitdagend kan wees om by te hou, maar mens moet tyd maak vir alles. “Toe ek swanger was, het ek besluit om nie myself af te skeep nie. Tussen werk, ma-wees en huishou sal jy my altyd in sportklere sien. Dit is so gemaklik en ek het dit my personal styl gemaak. Ek noem dit sport luxe.” Oor haar styl sê sy: “Ek hou van modieus, cool en gemaklik wees.”

Op die ou einde gaan somer oor pret in die son en jy kan dit in enige vorm en grootte doen. En solank jy oor die algemeen gesond is, het jy alles wat jy nodig het! Wardah Hartley

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa