Kuier

LEEFSTYL:

Alles wat jy wil weet oor die link tussen drank en gewig

-

met somer wat amper hier is, gaan sommige mense ’n yskoue bier gryp om verligting te soek van die hitte en Kersfees en die nuwe jaar met ’n glas (of vyf) vonkelwyn vier. Dit is ongelukkig ook daai tyd van die jaar wanneer baie van ons gewig optel omdat ons dit oordoen met te veel kos én drank.

En as jy gedink het jy kan heeldag aan whiskey en sodawater weglê sonder om gewig op te tel omdat daar min suiker in is, moet jy weer dink. Want soos jy met baie dinge in die lewe behoort te doen, moet jy alhokol in matige hoeveelhed­e drink om die vette weg te hou.

John van Richter (29), oorspronkl­ik van Bonnievale in die Wes-Kaap, sê hy het 30 kg opgetel sedert hy direk ná skool“regtig begin drink het en verlief geraak het op bier”. Hy drink ook nou en dan ’n glasie witwyn, maar skryf sy gewigstoen­ame toe aan die feit dat hy ongeveer 18 bottels 750 ml bier per week drink. Gedurende die week drink hy ses bottels en naweke deel hy twee kiste met sy vriende.“Hy (die bier) het net sy unieke soet smaak. I just love it,”vertel John. Hy sê egter die bier maak hom nie baie honger nie, want“die koring daarin dien as voeding”. Hy peusel net gewoonlik aan biltong en chips terwyl hy drink en kan oor die algemeen nie baie eet nie, anders word hy naar. Hy was aktief en het rugby gespeel direk ná skool, maar is deesdae nie meer so fisies aktief nie.

John se gewigstoen­ame met 30 kg het oor 10 jaar plaasgevin­d, maar dit blyk baie drank oor ’n kort tydperk kan jou ook laat gewig optel.

Naquita Hendricks (25) van Kaapstad, sê dis presies wat verlede jaar gedurende die feesseisoe­n met haar gebeur het terwyl sy oorsee met vakansie was. Sy het 8 kg binne twee weke opgetel omdat sy baie cocktails gedrink het.“Ek het altyd geweet die suiker in cocktails is sleg, maar die feesseisoe­n is die ergste tyd van die jaar om enigiets op te gee,“vertel sy.

’n Jaar later sukkel sy steeds om die gewig af te skud, hoewel sy net naweke een of twee cocktails drink terwyl sy voorheen

ongeveer tien tot twaalf oor ’n naweek gedrink het. Sy het ook cocktails met gin en tonic sowel as droë vonkelwyn vervang, en sê hoewel tonic water suiker bevat, is dit ’n gesonder opsie as cocktails. Vir die komende feesseisoe­n beplan sy om haar eie cocktails met gesonder bestanddel­e te maak. In plaas van Coke in haar Long Island Iced Tea, gaan sy eerder vars vrugte en rooibostee gebruik.

Of dít gaan help, sal net die tyd leer. Drink slim Dit is nie net belangrik hoeveel alkohol jy drink nie, maar ook watter tipe. Alkohol soos spirits wat telkemaal met gaskoeldra­nk gemeng word, bevat baie suiker én kalorieë (kal.).

Kenners stel voor dat grootmense hul suiker moet beperk tot ses lepels per dag. Een blikkie gaskoeldra­nk alleen bevat 9 lepels suiker en dan moet jy nog die suiker in die brandy of rum ook bytel.

Volgens Anika Barnard, ’n geregistre­erde dieetkundi­ge in Kaapstad, word daar na alkohol verwys as“leë kalorieë”omdat dit min tot geen voedingswa­arde het nie.

Navorsing toon dat swaar drinkers makliker gewig optel as mense wat net matig drink. Daar is verskeie redes hoekom alkohol tot gewigstoen­ame kan lei, insluitend die feit dat dit jou liggaam se vermoë om vet te verbrand, verlaag.

Alkohol verhoog ook jou eetlus en jou impulsiwit­eit om te eet. Dikwels is dit ook wat mense eet terwyl hulle drink, wat aanleiding gee tot oorgewig.

Die rede hoekom jy nie ’n groenslaai gryp wanneer jy baie drink nie, is omdat drank jou lus maak vir koolhidrat­e. Dit dehidreer (ontwater) jou ook wat dan maak dat jy lus word vir sout.

Dehidrasie kan jou ook hongerder laat voel en iemand wat honger is, kies baie keer ongesonder opsies met groter porsies, sê Anika.

Sy voeg by drank kan lei tot meer vet onder die vel. Mans tel makliker gewig op as vroue weens drank, maar daar is geen vaste bewyse dat dit tot ’n bierpens lei nie.

As jy te veel kalorieë inneem – of dit in die vorm van alkohol, suiker of vet is – sal dit lei tot gewigstoen­ame om jou maag.

Daar is ’n persepsie dat dit oorgewig mense langer vat om dronk te word.

Volgens Anika is dít ’n onakkurate stel- ling, maar daar is egter verskeie faktore wat die effek van drank en hoe mense dit ervaar, kan beïnvloed.

“Hoe meer spiermassa ’n persoon het, hoe laers als y bloed alkohol vlakke wees, en hoe vinniger sal alkohol uit sy sisteem verwerk word. Iemand wat meer vetmassa het, behou langer ’n hoër bloedalkoh­olvlak en neem langer om alkohol te verwerk. Dit is dus moontlik dat oorgewig persone langer neem om die effek van alkohol te voel as mense met meer spiere en minder vet.”

Al ooit gehoor hoe mense sê jy moet ’n vloer lê (sommige verwys ook daarna as ’n “lining”) voor jy drink?

As jy eet voor jy drink, sal dit langer neem om dronk te word omdat die kos ’n versperrin­g vorm wat daartoe lei dat die alkohol stadiger geabsorbee­r word.

“Kosse wat hoër is in vet, bly langer in die maag en sal dus ’n goeie opsie wees om in te neem voor jy alkohol drink, maar sal verder bydra tot verhoogde kalorieinn­ame en gewigstoen­ame ,” sê Anika.

Verskillen­de soorte alkohol het nie dieselfde effek nie.

Volgens navorsing kan bier en spirits soos vodka, gin en whiskey tot gewigstoen­ame lei, maar rooiwyn in matigheid kan moontlik ’n positiewe effek op gesondheid het.

Volgens die Hart-en-beroerte-stigting van Suid-Afrika se webtuiste, word jy egter nie aangeraai om rooiwyn te begin drink as jy dit nie drink nie, want daar is veiliger en gesonder maniere om die potensiële voordele daarvan te kry soos om gereeld te oefen.

Alkohol is dus nie nodig vir gesondheid nie, maar kan in matigheid geniet word.

Die aanbevelin­g is een eenheid alkohol vir vroue per dag en twee vir mans. Een eenheid is gelyk aan: 125 ml wyn of 25 ml spirits of 330ml bier/cider.

“En nee, ’n mens mag nie jou daaglikse kwota spaar vir naweke nie,”waarsku Anika.

Sy voeg by dis belangrik om te onthou dat alkohol nie die enigste ding is wat tot gewigstoen­ame kan lei nie, maar dat jou totale dieet, insluitend kos en nie-alkoholies­e drankies ook ’n groot rol speel.

“Kies dus suikervrye mengeldran­kies en drink ten minste 250 ml water ná elke eenheid alkohol om dehidrasie en honger te verminder.” Die Hart-en-beroerte-stigting gee ook die volgende raad om beter alkoholkeu­ses te maak:

Vra vir drankies om in ’n lang glas met baie ys gemeng te word.

Gebruik mixers wat min suiker het of suiker vry is soos sodawater, dieet gaskoeldra­nk of spar kling water.

Gebruik suikerige- en suikervrye drankies half-half, byvoorbeel­d passionfru­it of lemonade met die helfte sodawater dan drink jy nie net ’n drankie vol suiker nie. Kies single shots bo double shots. Nóg opsies laag in kalorieë sluit in droë vonkelwyn, tequila, ligte bier, droë rooi, wit of ligte wyn.

Gebruik vars produkte soos lime, suurlemoen, lemoene, bessies of komkommer om jou drankie lekkerder te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa