Kuier

FACEBOOK

-

Die Kaap het die afgelope ruk reënerige weer gehad en ons wou weet hoe vroue die mince-faktor hanteer?

Ek het in Februarie besluit om my natuurlike hare te embrace. Niks heat, flat iron, relax of Brazilian nie. So ek stres glad nie oor hare wat mince nie. LEAVERNE LEGOLIE

Ek is min gespin soos nat wasgoed. Laat my fans maar huis toe gaan, solank die res van my lyf droog is. Dankie tog vir die phase in my lewe waar sekere dinge belangrike­r is as hare wat sal mince. SHAZZ ISAACS BEZUIDENHO­UDT

Ek dra gewoonlik een van my headwraps of doeke of maak ’n bolla hoog op my kop, met rooi lippe en rock it out – mince of nie! As ek wil verhoed dat dit nie mince van die klam klimaat nie, smeer ek silicone of coconut oil aan voor ek dit droogmaak. ANNEEDA SACCO-PEKEUR

As dit reën, dan mince my hare. As dit warm is, dan sweet dit dat dit lyk ek was nog nooit by die salon nie. Daarom dra ek braids dan weet ek – dit kan nie mince óf sweet nie! DONIQUE CLOETE

Ek het altyd my swirlkous en ’n kep in my sak. My hare mince van die warmte ook. Lol, ek lag altyd vir my niggie as sy dit blow, want sy skel dit mince dadelik as sy dit uitgeblow het, dan moet sy weer oor begin. RUWAYDA PATEL

Wat is mince? Natural hair loves water! FRANZUNETT­E HARTLIEF

Watter sepie se storielyn geniet of haat jy op die oomblik? Vertel ons van die storielyn, want ons almal kyk mos ons eie sepies.

7de Laan is baie voorspelba­ar deesdae en ek like net niks dat hulle Karmen so simpel uitgeskryf het nie. Hulle het haar dan nog by ’n ander vrou gewys en skielik net stil. Kan gerus vir Sandra terugbring en van die ou mense soos Wilmien en skinderbek Zinzi! PRUDENCE MULLER

Ek geniet Suidooster. Ek glo 7de Laan se skrywer het ’n skelmpie. Soos in almal jol! Hoekom nou skryf dat Oubaas jol? Oubaas? Dan moet hy darem op sterk medikasie wees! Ek kyk dit nie meer nie. LEONIE BOCK

Suidooster is die beste. Te veel om te vertel. Jy moet dit self kyk, as jy nie (Dstv-kanaal)144/145 het nie, kom kyk by my, jy sal verlief raak! ZAKRION CARMEN LEWIN-DIEDERICKS

Ek en my ma het onlangs op ’n oulike, tog boeiende Indiese sepie, True Love, op Glow (Dstv) afgekom. Die huidige storielyn handel oor ’n enkelouer ma wat ’n huishulp is by ’n snobby gesin. Haar dogtertjie het ’n Lottery-kaartjie by ’n Samaritaan gekry en sy’t 5 miljoen rupees gewen, máár die ouma by wie haar ma werk het haar kop omgepraat deur te sê dat sy net 500 rupees gewen het . . . YOLANDA SEGALS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa